Die Emmausgangers
733
versekering het van die Heiland se lippe gevloei. Maar nog was hulle
oë gesluit. Toe Hy hulle vertel het van die aanstaande verwoesting
van Jerusalem, het hulle die gedoemde stad wenend aanskou. Maar
hulle het nog glad nie besef wie hulle reisgenoot was nie. Min het
hulle gedink dat die Persoon oor wie hulle gesels het, langs hulle
stap, want Christus het na Homself verwys asof Hy ’n ander persoon
was. Hulle het gedink dat Hy een van die was wat die groot fees
bygewoon het, en wat nou op weg huis toe was. Hy het net so
versigtig soos hulle gestap oor die klippe, en af en toe saam met
hulle gesit om ’n bietjie te rus. So het hulle voortgestap met die
bergpad, terwyl die Een wat eerlank Sy plek sou gaan inneem aan
Gods regterhand, en wat kon sê, “Aan My is gegee alle mag in hemel
en op aarde” Matt. 28: 18, saam met hulle gestap het.
Terwyl hulle voortgereis het, het die son ondergegaan, en voordat
die reisigers hulle woning bereik het, het die werkers op die lande
hulle werk gestaak. Toe die dissipels hulle huis wou binnegaan, het
dit gelyk of die vreemdeling Sy reis verder wou voortsit. Maar die
dissipels het tot Hom aangetrokke gevoel. Hulle siele was hongerig
om meer van Hom te hoor. “Bly by ons,” het hulle gesê. Dit het
gelyk of Hy die uitnodiging nie wou aanneem nie, en hulle het by
Hom aangedring en gesê, “Dit is amper aand en die dag het gedaal.”
Christus het toe hulle uitnodiging aangeneem, “en Hy het ingegaan
om by hulle te bly.”
As die dissipels nie by Hom aangedring het om by hulle te
vertoef nie, sou hulle nie geweet het dat hulle reisgenoot die verrese
Heiland was nie. Christus dwing Homself nooit op mense af nie.
Hy stel belang in diegene wat Hom nodig het. Hy sal die nederigste
woning blymoedig binnegaan, en die eenvoudigste hart aanmoedig.
[818]
Maar as mense te onverskillig is om aan die hemelse Gas te dink, of
Hom te vra om in te kom, sal Hy hulle verbygaan. Op hierdie wyse
ly baie mense groot skade. Hulle ken Christus net so min as daardie
dissipels met wie Hy saamgestap het.
Die eenvoudige aandete van brood is gou berei. Dit is voor die
Gas geplaas, wat plek ingeneem het aan die hoof van die tafel. Toe
het Hy Sy hande opgehef om die voedsel te seën. Verbaas het die
dissipels geskrik. Hulle Gas strek Sy hande uit presies net soos hulle
Meester gewoonlik gedoen het. Hulle kyk weer, en skielik sien hulle