732
DIE KONING VAN DIE EEUE
hoop. Nou het Hy hulle uit die profete bewys dat dit juis die sterkste
bewys was vir hulle geloof.
Waar Hy hierdie dissipels onderrig het, het Jesus gewys op die
belangrikheid van die Ou Testament as bewys van Sy sending. Baie
belydende Christene verwerp vandag die Ou Testament, en hulle sê
dat hulle dit nie langer nodig het nie. Maar dit is nie wat Christus
geleer het nie. Hy het soveel waarde daaraan geheg dat Hy eenkeer
gesê het, “As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle
nie oortuig word nie al sou iemand ook uit die dode opstaan.” Lukas
16: 31.
Dit is die stem van Christus wat deur die patriarge en profete
spreek van die dae van Adam af tot by die einde van tyd. Die Ver-
losser word in die Ou Testament geopenbaar net so duidelik as in
die Nuwe. Dit is die lig van die profetiese verlede wat die lewe van
Christus en die leer van die Nuwe Testament so helder laat uitstaan.
Die wonderwerke van Christus is bewys van Sy Godheid; maar nog
sterker bewys dat Hy die wêreld se Verlosser is, blyk uit die verge-
lyking van die profesieë van die Ou Testament met die geskiedenis
van die Nuwe Testament.
Uit die profesieë het Christus Sy dissipels die regte idee gegee
van wat Hy sou wees as mens. Hulle verwagting van ’n Messias
wat die troon sou bestyg en koninklike mag sou aanneem volgens
die idees van mense, was verkeerd. Dit sou bots met ’n regte begrip
van Sy vernedering uit die hoogste tot die laagste posisie. Christus
wou hê dat die idees van Sy dissipels reg en waar moes wees in elke
opsig. So vêr moontlik moes hulle begryp dat Hy die lydensbeker
moes drink wat aan Sy lippe gesit is. Hy het hulle daarop gewys
dat die vreeslike stryd wat hulle toe nog nie kon verstaan nie, ’n
[817]
vervulling was van die verbond wat gemaak is vóór die grondlegging
van die wêreld. Christus moes sterf net soos enige oortreder van die
wet moet sterf as hy volhard in die sonde. Dit alles moes gebeur,
maar dit sou nie in ’n neerlaag eindig nie, maar in ’n heerlike, ewige
oorwinning. Jesus het aan hulle gesê dat alles gedoen moes word
om die wêreld van die sonde te red. Sy navolgers moet lewe soos
Hy gelewe het, werk soos Hy gewerk het, met erns en volharding.
So het Christus met die twee dissipels gesels, en hulle verstand
ge- open sodat hulle die Skrifte kon verstaan. Daardie dissipels was
moeg, maar hulle belangstelling was groot. Woorde van lewe en