Page 735 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Emmausgangers
731
verband met hulle Meester, “wat n profeet was, kragtig in werk
en woord voor God en die hele volk; maar,” het hulle gesê, “ons
owerpriesters en owerstes [het] Hom oorgelewer vir die doodstraf en
Hom gekruisig.” Met harte vol teleurstelling, en met bewende lippe
het hulle bygevoeg, “Ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou
verlos; maar nou is dit van- dag, met dit alles, die derde dag vandat
dit plaasgevind het.”
Dit is vreemd dat die dissipels Christus se woorde nie onthou
het, en geweet het dat Hy die dinge voorspel het wat sou plaasvind
nie! Hulle het nie besef dat die laaste gedeelte van Sy voorspelling
net so gewis sou vervul word as die eerste gedeelte en dat Hy op die
derde dag sou opstaan nie. Dit is die deel wat hulle wel moes onthou
het. Die priesters en owerstes het dit nie vergeet nie. “Die volgende
dag — dit is die dag ná die voorbereiding — kom die owerstes en
die Fariseërs by Pilatus saam en sê: Meneer, ons herinner ons dat
die Verleier, toe Hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan
Ek op.” Matt. 27: 62, 63. Maar die dissipels het hierdie woorde nie
onthou nie.
Toe het Hy aan hulle gesê: “O onverstandiges, met harte wat traag
is om te glo alles wat die profete gespreek het! Moes die Christus
nie hierdie dinge ly en in Sy heerlikheid ingaan nie?” Die dissipels
het gewonder wie hierdie vreemdeling kon wees, wat tot hulle siele
kon deurdring, en praat met sulke erns en gevoel en simpatie, en so
hoopvol. Vir die eerste maal na Christus se verraad, het hulle weer
moed geskep. Telkens het hulle hulle reisgenoot ernstig betrag, en
gedink dat Sy woorde juis die woorde was wat Christus sou gespreek
het. Hulle was met verbasing vervul, en hulle harte het in heerlike
[816]
ver- wagting begin klop.
Beginnende by Moses, die Alfa van Bybelse geskiedenis, het
Christus die Skrifte aangaande Homself verduidelik. As Hy Homself
uit die staanspoor aan hulle geopenbaar het, sou hulle harte tevrede
gewees het. In die oorvloed van hulle vreugde sou hulle na niks meer
verlang het nie. Maar dit was nodig vir hulle om te verstaan hoe die
tipes en profesieë van die Ou Testament van Hom getuig het. Hulle
geloof moes daarop gebou word. Christus het geen wonderwerk
verrig om hulle te oortuig nie, maar Hy het die Skrifte aan hulle
verduidelik. Hulle het Sy dood beskou as die verplettering van al hul