Page 734 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Emmausgangers
LAAT in die middag van die opstandingsdag, was twee van die
dissipels op weg na Emmaus, ’n dorpie sowat agt myl van Jerusalem.
Hierdie dissipels het nie ’n vername plek in die werk van Christus
gehad nie, maar hulle was ernstige gelowiges in Hom. Hulle het
na die stad gekom vir die Paasfees, en hulle gedagtes is gaande
gemaak deur die gebeurtenisse van die afgelope paar dae. Hulle het
die oggend die nuus gehoor van die verwydering van Christus se
liggaam uit die graf, en ook die verslag van die vroue wat die engele
gesien het en later ook Jesus. Hulle was nou op weg na hulle huis
om te peins en te bid. Droefgeestig het hulle die aand gestap en praat
oor die tonele van die verhoor en die kruisiging. Nog nooit tevore
was hulle so moedeloos nie. Hopeloos en sonder geloof het hulle
gestap in die skaduwee van die kruis.
Hulle het nie te ver geloop nie, of ’n vreemdeling het hom by
hulle gevoeg, maar hulle was so in beslag geneem deur hulle eie
swaar- moedigheid en teleurstelling dat hulle nie eintlik aandag aan
hom ge- skenk het nie. Hulle het voortgegaan met hulle gesprek,
en gesê wat hulle gedink het. Hulle het gepraat oor die dinge wat
Christus geleer en wat hulle nie mooi verstaan het nie. Terwyl hulle
so gesels het oor die dinge wat plaasgevind het, het Jesus verlang
[815]
om hulle te vertroos. Hy het hulle droefheid gesien; Hy het die
botsende gedagtes erstaan wat hulle laat vra het, Kon hierdie Man
wat toegelaat het dat hulle Hom so verneder, wel die Christus gewees
het? Hulle droefheid was so groot dat hulle gehuil het. Jesus het
geweet dat hulle Hom baie liefgehad het, en Hy het verlang om die
trane af te vee en hulle harte met blydskap te vervul. Maar Hy moes
hulle eers lesse leer wat hulle nooit sou vergeet nie.
Hy sê vir hulle: Watter woorde is dit wat julle met mekaar loop
en wissel, en waarom is julle bedroef? En die een wie se naam
Kleopas was, antwoord en sê vir Hom: Is U alleen ’n vreemdeling
in Jerusalem en weet U nie van die dinge wat in hierdie dae daarin
gebeur het nie?” Hulle het Hom vertel van hulle teleurstelling in
730