Page 733 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Waarom Ween Jy?”
729
Hoeveel is daar nie wat vandag nog doen wat daardie dissipels
ge- doen het nie! Hoeveel sê wanhopig soos Maria, “Hulle het die
Here“ . . . weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het
nie! Tot hoeveel kan die Heiland se woorde gespreek word, “Waarom
ween jy? Wie soek jy?” Hy is dig aan hulle sy, maar hulle oë is so
deur die trane verblind dat hulle Hom nie kan sien nie. Hy spreek
tot hulle,maar hulle verstaan nie.
O dat die geboë hoof weer opgehef mag word, dat die oë weer
mag oopgaan om Hom te sien, en dat die ore weer mag luister na
Sy stem! “Gaan haastig, sê vir Sy dissipels: Hy het opgestaan. Sê
vir hulle om nie na Josef se nuwe graf te kyk wat met ’n groot klip
toegemaak, en met die Romeinse seël verseël is nie. Christus is nie
daar nie. Moenie na die leë graf kyk nie.“ Moenie treur soos diegene
wat hopeloos en hulpeloos is nie. Jesus lewe, en omdat Hy lewe,
sal ons ook lewe. Laat uit dankbare harte, en met lippe, aangeraak
deur heilige vuur, die blye lied weergalm, Christus het opgestaan!
Hy lewe om vir ons in te tree. Gryp hierdie hoop aan; dit sal die siel
vashou soos n hegte, beproefde anker. Glo, en u sal die heerlikheid
van God sien
[813]
[814]