728
DIE KONING VAN DIE EEUE
vrees nie. Gaan heen en vertel My broeders dat hulle na Galilea moet
gaan; en daar sal hulle My sien.”
Christus se eerste werk op aarde, ná Sy opstanding, was om Sy
dissipels te oortuig van Sy onverminderde liefde en agting vir hulle.
Om aan hulle bewys te gee dat Hy hulle lewende Heiland was, dat
Hy die bande van die graf verbreek het, en dat die vyand, die dood,
Hom nie langer kon hou nie; en om aan hulle te openbaar dat Hy
nog dieselfde hart van liefde het as toe Hy met hulle was as hulle
geliefde Leraar, het Hy keer op keer aan hulle verskyn. Hy het die
bande van liefde nog nouer getrek. Gaan sê aan My broers, het Hy
gesê, dat hulle My in Galilea moet ontmoet.
Nadat hulle hierdie bepaalde boodskap gehoor het, het die dissi-
pels begin dink aan Christus se woorde aan hulle, wat Sy opstanding
voorspel het. Maar selfs toe nog was hulle nie bly nie. Hulle kon nie
ont- slae raak van hulle twyfel nie. Selfs nadat die vroue verklaar
het dat hulle die Here gesien het, wou die dissipels nie glo nie. Hulle
het gemeen dat dit maar ’n illusie was.
Dit het geskyn of moeilikheid op moeilikheid gekom het. Op die
sesde dag van die week het hulle hulle Meester sien sterf; op die
eerste dag van die volgende week is hulle beroof van Sy liggaam, en
hulle word daarvan beskuldig dat hulle dit gesteel het om die mense
te bedrieg. Hulle het gevrees dat hulle nooit die valse beskuldigings
sou kon verwyder wat teen hulle opgehoop is nie. Hulle het die
[812]
vyandigheid van die priesters en die woede van die mense gevrees.
Hulle het verlang na die teenwoordigheid van Jesus wat hulle altyd
uit elke moeilik- heid gehelp het.
Dikwels het hulle die woorde herhaal, “Ons het gehoop dat dit
Hy was wat Israel sou verlos.” Eensaam, en neerslagtig, het hulle
gedink aan Sy woorde, “As hulle dit doen aan die groen hout, wat sal
met die droë gebeur?” Lukas 24: 21; 23: 31. Hulle het saamgekom
in die bo-vertrek, en die deur op grendel gesit, wetende dat die lot
wat hulle geliefde Leraar getref het, hulle ook enige tyd mag tref.
En al die tyd kon hulle hulle verbly het in die wete dat hulle
Heiland opgestaan het. In die tuin het Maria gestaan en ween terwyl
Jesus feitlik aan haar sy gestaan het. Haar oë was so verblind deur
trane dat sy Hom nie gesien het nie. En die harte van die dissipels
was so vol droefheid dat hulle nie die engele se boodskap, of die
woorde van Christus self, geglo het nie.