“
Waarom Ween Jy?”
727
teruggekom na Sy volgelinge in ’n wêreld van sonde, sodat Hy aan
hulle Sy krag en heerlikheid kon meedeel.
Terwyl die Heiland in Gods teenwoordigheid was, en gawes vir
Sy kerk ontvang het, het die dissipels gedink aan die leë graf, en ge-
treur en geween. Die dag wat n dag van blydskap was vir die ganse
hemel, was vir die dissipels ’n dag van onsekerheid, verwarring en
verbystering. Hulle ongeloof in wat die vroue vertel het, was bewys
van hoe laag hulle geloof wel gedaal het. Die nuus van Christus se
opstanding was so anders as wat hulle verwag het, dat hulle dit nie
kon glo nie. Dit kan nie waar wees nie, het hulle gedink. Hulle het
soveel gehoor van die leerstellings en die sogenaamde wetenskap-
like teorieë van die Sadduseërs, dat die indruk wat hulle gehad het
van die opstanding uit die dode, baie vaag was. Hulle het feitlik nie
geweet wat die opstanding uit die dode beteken nie. Hulle was nie
in staat om hierdie groot onderwerp te begryp nie.
“
Maar gaan,” het die engele aan die vroue gesê, “sê vir Sy dissi-
pels en vir Petrus dat Hy voor julle uit gaan na Galilea. Daar sal julle
Hom sien soos Hy vir julle gesê het.” Die engele was by Christus
as Sy skutengele gedurende Sy aardse lewe. Hulle was getuies van
Sy verhoor en kruisiging. Hulle het Sy woorde aan Sy dissipels
gehoor. Dit is bewys deur hulle boodskap aan die dissipels, en dit
moes hulle oortuig het. Sulke woorde kon alleen gekom het van die
bood- skappers van hulle verrese Here.
[811]
“
Sê vir Sy dissipels en vir Petrus,” het die engele gesê. Sedert die
dood van Christus was Petrus baie hartseer. Sy skandelike verloëning
van die Here, en die Here se blik van liefde en angs, het hom maar
gedurig voor die gees gebly. Van al die dissipels het hy die bitterste
gely. Aan hom word die versekering gegee dat Sy boetvaardigheid
aangeneem, en sy sonde vergewe is. Hy word by name genoem.
“
Sê vir Sy dissipels en vir Petrus dat Hy voor julle uit gaan na
Galilea. Daar sal julle Hom sien.” Al die dissipels het Jesus verlaat,
en die boodskap om Hom weer te ontmoet het almal ingesluit. Hy
het hulle nie verwerp nie. Toe Maria Magdalena hulle meegedeel
het dat sy die Here gesien het, het sy hulle ook die boodskap gegee
om Hom in Galilea te ontmoet. En die boodskap is vir die derde
maal aan hulle gegee. Nadat Hy opgevaar het na die Vader, het Jesus
aan die ander vroue verskyn, en gesê, “Wees gegroet! Toe kom hulle
nader en gryp Sy voete en aanbid Hom; En Jesus sê vir hulle: Moenie