726
DIE KONING VAN DIE EEUE
gesien, een by die hoof en een by die voete van die plek waar Jesus
gelê het. “Vrou, waarom ween jy?” het hulle haar gevra. Sy het
geantwoord, “Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie
waar hulle Hom neergelê het nie.”
Toe het sy weggedraai, selfs van die engele, omdat sy gemeen
het dat sy iemand moes vind wat haar kon sê wat hulle gedoen het
met die liggaam van Jesus. Nou het n ander stem haar aangespreek,
“
Vrou, waarom ween jy? Wie soek jy?” Deur haar trane het Maria
die gedaante van ’n man gesien, en menende dat dit die tuinier was,
het sy gesê, “Meneer, as u Hom weggedra het, sê vir my waar u Hom
neergelê het, en ek sal Hom wegneem.” As daar miskien gereken
is dat hierdie ryk man se graf ’n te geëerde graf was vir Jesus, sou
sy self ’n plek vir Hom soek. Daar was ’n graf wat Christus se eie
stem leeggemaak het, die graf waar Lasarus gelê het. Sou dit dan
nie as graf vir haar Here kan dien nie? Sy het gevoel dat dit vir haar
in haar droefheid, ’n baie groot troos sou wees as sy Sy gekruisigde
liggaam kon versorg.
Maar nou het Jesus in Sy eie welbekende stem aan haar gesê,
“
Maria!” Nou het sy geweet dat dit nie ’n vreemdeling was wat haar
aangespreek het nie, en toe sy omdraai het sy voor haar die lewende
Christus gesien. In haar blydskap het sy vergeet dat Hy gekruisig
was. Sy het vorentoe gespring asof sy Sy voete wou omhels, en sy
het uitgeroep, “Rabboeni!” Maar Christus het Sy hand opgehef en
[810]
gesê, Moet My nie ophou nie, “want Ek het nog nie opgevaar na My
Vader nie; maar gaan na My broers en sê vir hulle: Ek vaar op na
My Vader en julle Vader, en My God en julle God.” Maria is toe weg
na die dissipels met die blye boodskap.
Jesus het geweier om die hulde van Sy mense te ontvang voordat
Hy die versekering gehad het dat Sy offer deur die Vader aange-
neem is. Hy het na die hemel opgevaar, en van God self het Hy die
versekering verkry dat Sy versoening vir die sondes van die mense
voldoende was, en dat almal deur Sy bloed die ewige lewe mag
deelagtig word. Die Vader het Sy verbond met Christus bekragtig,
naamlik dat Hy boetvaardige en gehoorsame mense sou aanneem,
en sou liefhê net soos Hy Sy Seun liefhet. Christus moes Sy werk
klaarmaak, en Sy belofte vervul om “sterwelinge skaarser [te] maak
as fyn goud, en mense as goud van Ofir.” Jes. 13: 12. Alle mag in
hemel en op aarde is aan die Vors van die Lewe gegee, en Hy het