Page 729 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Waarom Ween Jy?”
725
Here gelê het; en gaan haastig, sê vir Sy dissipels: Hy het opgestaan
uit die dode.” Weer het hulle in die graf gekyk, en weer het hulle
die wonderbaarlike nuus gehoor. Daar was nog ’n ander engel in
menslike gedaante, en hy vra, “Waarom soek julle die Lewende by
die dode? Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy
vir julle gesê het toe Hy nog in Galilea was: Die Seun van die mens
moet oorgelewer word in die hande van sondige mense en gekruisig
word en op die derde dag opstaan.”
Hy het opgestaan, Hy het opgestaan! Die vroue herhaal die
woorde oor en oor. Nou is die speserye nie meer nodig nie. Die
Heiland lewe, Hy is nie dood nie. Hulle het nou onthou dat toe Hy
van Sy dood gepraat het, Hy ook gesê het dat Hy weer sou opstaan.
Wat ’n dag was dit vir die wêreld! Haastig is die vroue daar van die
graf af weg “met vrees en groot blydskap en gehardloop om dit vir
Sy dissipels te vertel.”
Maria het nie die goeie nuus gehoor nie. Sy het na Petrus en
Johannes gegaan met die droewige tyding, “Hulle het die Here uit
die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het
nie. Die dissipels het na die graf gehardloop en dit gevind soos Maria
gesê het. Hulle het die grafdoeke sien lê, maar het nie hulle Here
gevind nie. Selfs hier was ook ’n bewys dat Hy opgestaan het. Die
grafdoeke was nie sommer daar neergegooi nie, maar elkeen was
sorg- vuldig opgevou en afsonderlik neergesit. Johannes het “gesien
en geglo.” Hy het toe nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die
[809]
dode moes opstaan nie; maar hy het nou Jesus se woorde onthou
wat Sy opstanding voorspel het.
Dit was Christus self wat die grafdoeke so sorgvuldig opgevou
het. Toe die magtige engel na die graf neergedaal het, het daar nog
een by hom aangesluit wat met sy groep waggehou het oor die Here
se liggaam. Toe die engel uit die hemel die klip weggerol het, het
die ander een die graf binnegegaan en die doeke van die liggaam
van Jesus losgemaak. Maar dit was die Heiland self wat elkeen
opgevou en op sy plek gesit het. In die oë van Hom wat sowel ster
as atoom beheers, is daar niks wat onbelangrik is nie. Ordelikheid
en volmaaktheid word in al Sy werk gesien.
Maria het Petrus en Johannes na die graf gevolg; toe hulle terug
is na Jerusalem, het sy agtergebly. Toe sy weer in die leë graf kyk, is
haar hart met droefheid vervul. Toe sy kyk, het sy die twee engele