Page 728 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Waarom Ween Jy?”
DIE vroue wat by die kruis van Christus gestaan het, het gewag
vir die ure van die Sabbat om verby te gaan. Op die eerste dag van
die week, baie vroeg, is hulle weer na die graf met die speserye en
salf wat hulle vir die Heiland se liggaam berei het. Hulle het nie
daaraan gedink dat Hy miskien uit die dode sou opstaan nie. Die
son van hulle hoop het ondergegaan, en die nag het in hulle harte
toegesak. Terwyl hulle geloop het, het hulle gepraat van Christus se
werke van barmhartigheid en Sy woorde van vertroosting. Maar Sy
woorde, “Ek sal julle weer sien” Joh. 16: 22, het hulle nie onthou
nie.
Onbewus van wat juis toe plaasgevind het, het hulle naby die
tuin gekom, en gevra, terwyl hulle geloop het, “Wie sal vir ons die
steen voor die opening van die graf wegrol?” Hulle het geweet dat
hulle nie die klip sou kon verwyder nie, maar nogtans het hulle
voortgegaan. Skielik is die hemele verlig met ’n heerlikheid wat nie
gekom het van die opkomende son nie. Die aarde het gebewe. Hulle
het gesien dat die groot klip weg was. Die graf was leeg.
Die vroue het nie almal uit dieselfde rigting na die graf gekom
nie. Maria Magdalena was die eerste om die plek te bereik; en toe sy
sien dat die klip weggerol was, het sy gehaas om die dissipels te gaan
[807]
[808]
verwittig. In die tussentyd het die ander vroue ook daar aangekom.
Daar het ’n lig rondom die graf geskyn, maar die liggaam van Jesus
was nie daar nie. Terwyl hulle daar getalm het, het hulle skielik besef
dat hulle nie alleen was nie. Daar het ’n jongman in glinsterende
klere by die graf gesit. Dit was die engel wat die klip weggerol het.
Hy het die gedaante van ’n mens aangeneem sodat hy nie miskien
die vriende van Jesus sou verskrik nie. Maar die lig van die hemelse
heerlikheid het nog rondom hom geskyn, en die vroue was bang.
Hulle het om- gedraai om te vlug, maar die engel se woorde het
hulle weer laat stilstaan. “Moenie vrees nie,” het hy gesê, “want
ek weet julle soek Jesus wat gekruisig is. Hy is nie hier nie, want
Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die
724