Die Here het Opgestaan
723
wat My vlees eet en My bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal
hom opwek in die laaste dag.” Joh. 10: 10; 4: 14; 6: 54.
Vir die gelowige is die dood maar ’n geringe saak. Christus
spreek daarvan asof dit nie van veel betekenis is nie. “As iemand
My woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie,” hy
sal “die dood in die ewigheid nie smaak nie.” Vir die Christen is die
dood maar n slaap, n oomblik van stilte en duisternis. Die lewe is
verborge met Christus in God, en “wanneer Christus wat ons lewe
is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid
geopenbaar word.” Joh. 8: 51, 52; Kol. 3: 4.
Die stem wat aan die kruis uitgeroep het, “Dit is volbring,” is
deur die dode gehoor. Dit het die mure van die grafte deurdring, en
die slapendes geroep om op te staan. So sal dit ook wees wanneer
die stem van Christus van die hemel gehoor sal word. Daardie stem
sal die grafte binnedring en hulle oopsluit, en die dode in Christus
sal opstaan. Tydens die opstanding van die Heiland is ’n paar grafte
geopen, maar by Sy tweede koms sal al die dierbare dode Sy stem
hoor, en hulle sal uitkom tot ’n heerlike, onsterflike lewe. Dieselfde
mag wat Christus uit die dode opgewek het, sal ook Sy kerk opwek
en dit saam met Hom verheerlik bo alle owerheid en mag en krag en
heer- skappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie
wêreld nie, maar ook in die toekomstige.
[806]