Page 726 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

722
DIE KONING VAN DIE EEUE
Sy opstanding was die tipe en die pand van die opstanding van al die
regverdige dode. “Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan
het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom
bring.” 1 Thess. 4: 14.
Toe Christus opgestaan het, het Hy ’n menigte gevangenes uit
die graf gebring. Die aardbewing tydens Sy dood het hulle grafte
oop- geskeur, en toe Hy opgestaan het, het hulle saam met Hom
uitgekom. Hulle was diegene wat medewerkers van God was, en wat
ten koste van hulle eie lewens vir die waarheid getuig het. Nou sou
hulle getuies wees vir Hom wat hulle uit die dode opgewek het.
Tydens Sy bediening het Christus die dode opgewek. Hy het die
seun van die weduwee van Nain, die dogtertjie van die owerste, en vir
Lasarus opgewek. Maar hulle is nie met die onsterflikheid beklee nie.
Na hulle opwekking, was hulle nog aan die dood onderworpe. Maar
diegene wat uit die graf voortgekom het by Christus se opstanding,
is opgewek tot die ewige lewe. Hulle het saam met Hom opgevaar
as trofeë van Sy oorwinning oor die graf en die dood. Hulle, het
Christus gesê, is nie langer die gevangenes van die Satan nie; Ek het
hulle losgekoop. Ek het hulle uit die graf gebring as die eerstelinge
van My krag, om saam met My te wees waar Ek is, en om nooit
meer die dood of droefheid te smaak nie.
Hulle het in die stad gegaan, aan baie verskyn, en gesê, Christus
het uit die dode opgestaan, en ons het saam met Hom opgestaan.
So is die heilige waarheid van die opstanding onsterflik gemaak.
[805]
Die verrese heiliges het getüig van die waarheid van die woorde,
U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan.” Hulle opstanding was ’n
illustrasie van die vervulling van die profesie, “Waak op en jubel,
julle wat in die stof woon! Want u dou is ’n dou van die lig, en die
aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.” Jes. 26: 19.
Vir die gelowige is Christus die opstanding en die lewe. In ons
Heiland is die lewe wat verlore is deur die sonde, herstel; want Hy
het lewe in Homself om lewendig te maak wie Hy wil. Hy is beklee
met die reg om die onsterflikheid te gee. Die lewe wat Hy in Sy
mensheid afgelê het, neem Hy weer op en gee dit aan die mensheid.
Ek het gekom”, het Hy gesê, “dat hulle lewe en oorvloed kan hê.”
Elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid
nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom
word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.” ” Hy