Die Here het Opgestaan
721
gesien en hulle getuienis gehoor het. Die priesters en owerstes het
gedurig in vrees verkeer dat hulle miskien, terwyl hulle op straat is,
of in hulle eie private wonings, Christus van aangesig tot aangesig
mag ontmoet. Hulle het gevoel dat daar geen veiligheid vir hulle was
nie. Slotte en versperrings sou maar skrale beskerming wees teen
die Seun van God. Dag en nag het daardie vreeslike toneel in die
geregsaal hulle voor die gees gebly, toe hulle uitgeroep het, “Laat
Sy bloed op ons en op ons kinders kom!” Matt. 27: 25. Die gedagte
aan daardie toneel sou nooit uit hulle ge- heues uitgewis kan word
nie. Nooit meer sou hulle rustig op hulle kussings kon slaap nie.
Toe die stem van die magtige engel wat gesê het, U Vader roep
U, by Christus se graf gehoor is, het die Heiland voortgekom uit die
graf deur die lewe wat in Homself was. Nou is die waarheid van Sy
woorde bewys, “Daarom het die Vader My lief, omdat Ek My lewe
aflê om dit weer op te neem. . . . Ek het mag om dit af te lê en Ek
het mag om dit weer te neem.” Nou is die profesie wat Hy tot die
priesters en owerstes gespreek het, vervul: “Breek hierdie tempel af,
en in drie dae sal Ek dit oprig.” Joh. 10: 17, 18; 2: 19.
Oor die geskeurde graf van Josef het Jesus seëvierend uitgeroep,
“
Ek is die opstanding en die lewe.” Hierdie woorde kon alleen deur
die Godheid gespreek word. Alle geskape wesens lewe deur die
wil en krag van God. Hulle is afhanklike ontvangers van die lewe
van God. Van die hoogste seraf tot die nederigste lewende skepsel,
[804]
ontvang almal lewe van die Bron van die Lewe. Alleen een wat
gelyk is aan God kon sê, Ek het mag om My lewe af te lê, en Ek het
mag om dit weer op te neem. In Sy Godheid het Christus die mag
gehad om die bande van die dood te verbreek.
Christus het uit die dode opgestaan as die eersteling van diegene
wat ontslaap het. Hy was die teenbeeid van die eerstelingsgerf, en
Sy opstanding het plaasgevind op die juiste dag toe die gerf voor
die Here gehef is. Vir meer as duisend jaar is hierdie seremonie elke
jaar nagekom. Van die graanlande is die eerste ryp are versamel, en
wanneer die mense opgegaan het na Jerusalem vir die Paasfees, is
die eerstelingsgerf voor die Here gehef as dankoffer. Eers ná hierdie
seremonie kon hulle die sekel insteek, en die graan in gerwe bind.
Die gerf wat aan die Here gewy is, het die oes voorgestel. So ook
was Christus, die eersteling, die verteenwoordiger van die groot
geestelike oes wat ingesamel sal word vir die koninkryk van God.