720
DIE KONING VAN DIE EEUE
’
n leuenagtige verslag in hul monde wat vir hulle opgestel is deur
die priesters.
In die tussentyd het die berig van Christus se opstanding Pilatus
bereik. Alhoewel Pilatus verantwoordelik was vir die oorlewering
van Christus om te sterf, het hy hom nie baie daaroor gekwel nie.
Terwyl hy die Heiland onwillig veroordeel het, en met ’n gevoel van
jammerte, het sy gewete hom nou eers regtig begin kwel. Vreesbe-
vange het hy hom in sy huis toegesluit, en besluit om niemand te
spreek nie. Maar die priesters het daar ingedring, die storie vcrtel
wat hulle opgemaak het, en by hom aangedring om die pligsversuim
van die wagte oor die hoof te sien. Vóór hy sy toestemming gegee
het, het hy eers die wagte privaat ondervra. Hulle, wat vir hulle
eie veiligheid gevrees het, het met die hele waarheid voor die dag
gekom, en Pilatus het van hulle gehoor wat gebeur het. Hy het geen
verdere stappe in die saak gedoen nie, maar van daardie tyd af het
hy geen vrede in sy gemoed gehad nie.
Toe Jesus in die graf gelê is, het die Satan getriomfeer. Hy het
hom verstout om te hoop dat die Here nie weer Sy lewe sou opneem
nie. Hy het aanspraak gemaak op die Here se liggaam, en hy het
sy wag rondom die graf opgestel in ’n poging om Christus daarin
gevange te hou. Hy was woedend toe sy engele gevlug het by die
aankoms van die hemelse boodskapper. Toe hy Christus seëvierend
sien uitkom, het hy geweet dat sy koninkryk tot ’n einde sou kom,
en dat hy uiteindelik sal moet sterf.
[803]
Toe die priesters Christus om die lewe gebring het, het hulle
hulle- self die werktuie van die Satan gemaak. Nou was hulle heel-
temal in sy mag. Hulle was gevang in ’n strik waaruit hulle nie kon
loskom nie, en hulle moes maar hulle stryd teen Christus voortsit.
Toe hulle die gerug van Sy opstanding hoor, het hulle die woede van
die mense gevrees. Hulle het gevoel dat hulle eie lewens in gevaar
was. Die enigste hoop vir hulle was om te bewys dat Christus ’n
bedrieër was deur Sy opstanding te loën. Hulle het die soldate omge-
koop, en Pilatus oorgehaal om stil te bly. Hulle het die leuenagtige
gerugte wyd en syd versprei. Maar daar was getuies wat hulle nie
kon stilmaak nie. Baie het gehoor wat die soldate oor Christus se
opstanding gesê het. En van die dode wat saam met Christus opge-
staan het, het aan baie ver- skyn en verklaar dat Hy opgestaan het.
Die priesters het verslae ontvang van persone wat die verrese dode