Die Here het Opgestaan
719
die Joodse ge- saghebbendes geneem, en die owerpriesters en die
owerstes het hulle laat roep om eers voor hulle te verskyn. Daardie
soldate het ’n baie vreemde voorkoms gehad. Bewende van vrees,
en bleek, het hulle getuig van die opstanding van Christus. Die
soldate het alles vertel, net soos hulle dit gesien het; hulle het nie
tyd gehad om iets te versin nie, maar het net die waarheid gepraat.
Met beswaarde tonge het hulle gesê, Dit was die Seun van God wat
gekruisig is; ons het die engel Hom hoor aankondig as die Majesteit
van die hemel, die Koning van heerlikheid.
Die gesigte van die priesters was soos die van dooie mense.
Kajafas het geprobeer om te praat. Sy lippe het beweeg, maar daar
het geen klank uitgekom nie. Die soldate wou net die raadsaal verlaat,
toe ’n stem hulle beveel het om te bly. Kajafas se stem het weer
teruggekom. Wag, wag, het hy gesê. Vertel aan niemand die dinge
wat julle gesien het nie.
Toe is daar ’n valse berig in die monde van die soldate gelê.
“
Julie moet sê,” het die priesters gesê, “Sy dissipels het in die nag
gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.” Hier het die
priesters ’n bietjie te ver gegaan. Hoe kon die soldate sê dat die
dissipels die liggaam gesteel het terwyl hulle geslaap het? As hulle
geslaap het, hoe kon hulle dit weet? En as die dissipels werklik die
liggaam van Christus gesteel het, sou die priesters nie die eerste
gewees het om hulle te veroordeel nie? Of, as die wagte by die graf
[801]
[802]
geslaap het, sou die priesters hulle nie dadelik by Pilatus gaan verkla
het nie?
Dit was ’n vreeslike gedagte vir die soldate om vir hulleself die
beskuldiging op die hals te haal dat hulle op hulle poste geslaap het.
Dit was iets wat met die dood strafbaar was. Behoort hulle dan valse
getuienis te gee, die mense te bedrieg, en ook hulle eie lewens in
gevaar te stel? Het hulle dan nie getrou waggestaan nie? As hulle
dan vir geld gaan lieg, hoe sou hulle daarna in hulle verhoor vaar?
Om die getuienis wat hulle gevrees het stil te maak, het die
priesters belowe om toe te sien dat die wagte niks oorkom nie, en
hulle het gesê, dat Pilatus net so min soos hulleself so ’n gerug
versprei wou hê. Die Romeinse soldate het hulle eerlikheid aan die
Jode verkoop vir geld. Hulle het voor die priesters verskyn met ’n
ontstellende boodskap van waarheid; hulle is daar weg met geld, en