Page 722 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

718
DIE KONING VAN DIE EEUE
Daar was ’n aardbewing toe Christus Sy lewe afgelê het, en daar
was weer ’n aardbewing op die oomblik toe Hy dit in oorwinning
opgeneem het. Hy wat die dood en die graf verslind het, het uit
die graf voortgekom as oorwinnaar terwyl die aarde gebewe het,
en dit gedonder en geblits het. Wanneer Hy weer na hierdie aarde
terugkom, sal “nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe.”
Die aarde sal waggel geheel en al soos ’n dronkaard en swaai heen
en weer soos ’n hangmat.” “Die hemel sal inmekaar gerol word soos
n boek;” “die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die
werke wat daarop is, sal verbrand.” “Maar die Here sal ’n toevlug
wees vir Sy volk en ’n skuilplek vir die kinders van Israel.” Heb. 12:
26;
Jes. 24: 20; 34: 4; 2 Pet. 3: 10; Joël 3: 16.
By die dood van Jesus het die soldate die aarde gesien, gehul in
duisternis op die middag; maar by die opstanding het hulle gesien
hoe die lig van die engele die nag verlig, en hulle het die hemelbe-
woners hoor sing in groot blydskap en oorwinning: U het die Satan
en die magte van die duisternis verslaan; U het die dood verslind in
oorwinning!
Christus het verheerlik uit die graf verskyn, en die Romeinse
wagte het Hom gesien. Hulle oë was gevestig op die gesig van Hom
wat hulle so ’n klein rukkie tevore beskimp en bespot het. In hierdie
ver- heerlikte Wese het hulle die gevangene aanskou wat hulle in die
gereg- saal gesien het, die een vir wie hulle die doringkroon gevleg
[800]
het. Dit is Hy wat gedwee voor Pilatus gestaan het, Sy liggaam stuk-
kend gesny soos Hy gestriem is. Dit is Hy wat aan die kruis genael
is, en oor wie die priesters en owerstes, vol selftevredenheid, hulle
hoofde geskud en gesê het, “Ander het Hy gered, Homself kan Hy
nie red nie.” Matt. 27: 42. Dit is Hy wat in Josef se nuwe graf gelê
is. Die dekreet van die hemel het die gevangene vrygestel. Al sou
berge op berge op Sy graf gestapel gewees het, sou hulle Hom nie
kon belet het om uit te kom nie.
By die aanskouing van die engele en die verheerlikte Heiland, het
die Romeinse wagte teen die grond geval en soos dooies geword. Toe
hulle die hemelse stoet nie langer kon sien nie, het hulle opgestaan,
en so gou as wat hulle bene hulle kon dra, na die poort van die tuin
ge- hardloop. Waggelende soos dronk manne het hulle na die stad
gehaas, en aan almal wat hulle teëgekom het, die wonderbaarlike
nuus vertel. Hulle was op weg na Pilatus, maar hulle berig is na