Page 721 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Here het Opgestaan
DIE nag van die eerste dag van die week was amper verby. Die
donkerste uur, net voor die dageraad, het aangebreek. Christus was
nog ’n gevangene in Sy nou graf. Die groot klip was nog op sy plek
en die Romeinse seël ongeskonde; die Romeinse wagte was op hulle
poste. En daar was ook onsigbare wagte. ’n Leërskare van bose en-
gele het rondom die plek gestaan. As dit moontlik was, sou die vors
van die duisternis met sy bose leërmagte die graf waarin die Seun
van God was, vir ewig verseël gehou het. Maar ’n hemelse leërskare
het die graf omring. Engele wat baie magtig is, het waggehou by die
graf om die Vors van die Lewe te verwelkom.
En daar kom ’n groot aardbewing, want ’n engel van die Here
het uit die hemel neergedaal.” In die wapenrusting van God het hier-
die engel die hemelse howe verlaat; die strale van Gods heerlikheid
het voor hom uitgegaan en sy pad verlig. “Sy gedaante was soos
weer- lig en sy kleding wit soos sneeu. En uit vrees vir hom het die
wagters gebewe en soos dooies geword.”
En nou, priesters en owerstes, waar is nou julle wagte? Dapper
soldate wat nooit gevrees het vir menslike mag nie, was nou soos
[799]
gevangenes, geneem sonder swaard of spies. Die aangesig wat hulle
aanskou, is nie die gelaat van ’n sterflike soldaat nie; dit is die gelaat
van die magtigste engel van die Here se leërskare. Hierdie bood-
skap- per het die plek gevul waaruit die Satan geval het. Dit was hy
wat op die vlaktes van Betlehem Christus se geboorte aangekondig
het. Die aarde het gebewe toe hy naderkom; die leërskare van duis-
ternis het gevlug, en toe hy die klip wegrol, was dit asof die hemel
neergedaal het na die aarde toe. Die soldate sien hoedat hy die klip
wegneem asof dit sommer ’n klippie was, en hulle hoor hom roep:
Seun van God, kom uit; U Vader roep U! Hulle sien Jesus uit die
graf uitkom, en hulle hoor Hom uitroep oor die geskeurde graf, “Ek
is die opstanding en die lewe.” Toe Hy daar verskyn in majesteit en
heerlikheid, het die engeleskaar laag neergebuig in aanbidding voor
die Verlosser, en Hom verwelkom met lofliedere.
717