Page 720 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

716
DIE KONING VAN DIE EEUE
dissipels nie miskien in die nag kom en Hom steel nie en vir die volk
sê: Hy het opgestaan uit die dode. En die laaste dwaling sal erger
wees as die eerste. Daarop sê Pilatus vir hulle: Julie sal ’n wag kry;
gaan verseker dit soos julle dit verstaan.” Matt. 27: 62-65.
Die priesters het opdrag gegee vir die versekering van die graf.
Daar was ’n groot klip geplaas in die opening. Oor hierdie klip het
hulle toue gespan en die ente aan die soliede rots vasgeheg en dit
ver- seël met die Romeinse seël. Die klip kon nie verwyder word
sonder om die seël te breek nie. Toe is daar ’n wag van honderd
soldate rondom die graf opgestel om te verhoed dat iemand daaraan
kom peuter. Die priesters het alles gedoen wat hulle kon om die
liggaam van Christus te laat bly waar dit gelê is. Hy is so deeglik
daar in Sy graf verseël asof Hy tot in ewigheid daar moes bly.
So het nietige mense planne gemaak en beraadslaag. Min het
daardie moordenaars besef hoe tevergeefs hulle planne was. Maar
God is verheerlik deur wat hulle gedoen het. Juis die pogings wat
aangewend is om Christus se opstanding te verhoed, het die sterkste
bewys daarvan geword. Hoe groter die getal van die soldate rondom
die graf opgestel, hoe meer getuienis sou daar wees dat Hy opgestaan
het. Hon- derde jare vóór die dood van Christus, het die Heilige Gees
deur die psalmis verklaar: “Waarom woel die nasies en bedink die
volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die
vorste hou saam raad teen die Here en teen Sy Gesalfde. . . . Hy wat
in die hemel woon, sal lag; die Here sal met hulle spot.” Ps. 2: 1-4.
Die Romeinse wagte en die Romeinse wapens was magteloos om
die Here van die lewe in die graf te hou. Die uur van Sy vrylating
was naby.
[798]