Page 719 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

ln Josef se Graf
715
hulle was teenwoordig by die graf van Lasarus, en het gesien hoe
die dode opgewek is. Die gedagte dat Christus self uit die dode sou
opstaan en weer voor hulle sou verskyn, het hulle laat sidder. Hulle
het Hom hoor sê dat Hy mag gehad het om Sy lewe neer te lê en dit
weer op te neem. Hulle het onthou dat Hy gesê het, “Breek hierdie
tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.” Joh. 2:19. Judas het hulle
vertel wat Jesus aan Sy dissipels gesê het op hulle laaste reis na
Jerusalem: “Kyk, ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die
mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en skrifgeleerdes;
en hulle sal Hom tot die dood veroordeel, en Hom oorlewer aan
die heidene om Hom te bespot en te gésel en te kruisig; en op die
derde dag sal Hy opstaan.” Matt. 20:18, 19. Toe hulle hierdie woorde
gehoor het, het hulle gespot en gesê dis belaglik. Maar nou het hulle
onthou dat Christus se voorspellings tot dusver vervul is. Hy het
gesê dat Hy op die derde dag weer sou opstaan, en wie kon sê of
dit nie ook sou gebeur nie? Hulle wou baie graag hierdie gedagtes
verban, maar hulle kon nie. Soos hulle vader, die duiwel, het hulle
geglo en gesidder.
Noudat die waansinnigheid en opgewondenheid n bietjie bedaar
het, het die beeid van Christus weer voor hulle opgedoem. Hulle
het Hom gesien waar Hy daar so kalm voor Sy vyande gestaan het
sonder om te kla, en hoe Hy hulle geskimp en mishandeling verdra
het sonder om Sy mond oop te maak. Al die tonele in verband met
Sy verhoor en kruisiging het weer voor hulle gekom met n kragtige
oor- tuiging dat Hy die Seun van God was. Hulle het gevoel dat
[797]
Hy enige oomblik voor hulle mag verskyn in die veranderde rol,
waar aangeklaagde die aanklaer is, waar die veroordeelde veroor-
deel, en waar die vermoorde geregtigheid eis deur die dood van Sy
moordenaars.
Hulle het maar min gerus op die Sabbat. Hoewel hulle kastig
nie hulle voet oor die drumpel van ’n heiden sou sit uit vrees vir
besoe- deling nie, het hulle tog raad gehou oor die liggaam van
Christus.
Die dood en die graf moet die Een bewaar wat hulle gekruisig
het. “Die volgende dag . . . kom die owerpriesters en die Fariseërs
by Pilatus saam en sê: Meneer, ons herinner ons dat die Verleier,
toe Hy in die lewe was, gesê het: Oor drie dae staan Ek op. Gee
dan bevel dat die graf verseker word tot die derde dag toe, dat Sy