714
DIE KONING VAN DIE EEUE
smeekbede verhoor het met die vertroostende woorde, “Ek wil; word
gereinig!” Matt. 8:3, was nou stil. Baie het hulle beroep op die
priesters en owerstes vir simpatie en verligting, maar tevergeefs.
Hulle was skynbaar vas- beslote om die lewende Christus weer
onder hulle te hê. Met dringende erns het hulle na Hom gevra. Hulle
wou nie nee, as antwoord neem nie. Maar hulle is verdryf uit die
tempelhowe, en soldate is by die poorte geplaas om die skares te
keer wat met hulle siekes en sterwendes wou inkom.
Die lyers wat gekom het om deur die Heiland genees te word, het
neergesak van teleurstelling. Daar is geweeklaag op die strate. Die
siekes het gesterf omdat Jesus nie daar was om hulle met geneeskrag
aan te raak nie. Die geneeshere is tevergeefs geraadpleeg; niemand
het die bekwaamheid gehad van Hom wat in Josef se graf gelê het
nie.
Die gekerm van die lydendes het duisende weer laat besef dat ’n
groot Lig uit die wêreld verdwyn het. Sonder Christus was die aarde
in duisternis en donkerheid. Baie van hulle wat saamgeskreeu het,
“
Kruisig Hom! kruisig Hom!” het nou die ramp besef wat oor hulle
gekom het, en hulle sou gretig geskreeu het, Gee ons Jesus! as Hy
nog gelewe het.
Toe die mense hoor dat Jesus om die lewe gebring is deur die
priesters, is daar navraag gedoen in verband met Sy dood. Die be-
son- derhede van Sy verhoor is so geheim moontlik gehou, maar
terwyl Hy in die graf was, was Sy Naam op duisende lippe, en be-
rigte oor Sy skynverhoor, en die onmenslikheid van die priesters en
[796]
owerstes, is orals versprei. Intellektuele manne het die priesters en
owerstes gevra om die profesieë van die Ou Testament aangaanae
die Messias te verduidelik, en terwyl hulle geprobeer het om die een
of ander antwoord op te stel, het hulle soos waansinniges geword.
Die profesieë wat verwys het na Christus se lyde en dood, kon hulle
nie verklaar nie, en baie van die wat navraag gedoen het, was oortuig
dat die Skrifte vervul is.
Die wraak wat soos die priesters gemeen het, baie soet sou wees,
het alreeds baie bitter vir hulle geword. Hulle het geweet dat hulle
nou deur die mense bestraf word; hulle het geweet dat juis daardie
mense wat hulle teen Jesus beïnvloed het, nou met afsku vervul was
oor hulle eie skandelike werk. Die priesters het geprobeer om te glo
dat Jesus ’n bedrieër was, maar dit was tevergeefs. Sommige van