ln Josef se Graf
713
profesieë was nie tevergeefs nie, en ná Sy opstanding het hulle Hom
aangeneem as die Seun van God.
Toe Nikodemus sien hoe hulle Jesus aan die kruis verhoog het,
het hy hom die woorde herinner wat Hy tot hom gespreek het daardie
aand op die Olyfberg: “Soos Moses die slang in die woestyn verhoog
het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat
in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”
Joh. 3: 14, 15. Op die Sabbat, toe Christus in die graf gelê het, het
Nikodemus geleentheid vir oorpeinsing gehad, ’n Helderder lig het
nou sy verstand verlig, en die woorde wat Jesus tot hom gespreek
het, was nie langer vir hom ’n verborgenheid nie. Hy het gevoel dat
hy baie verloor het omdat hy nie by die Heiland aangesluit het in
Sy lewe nie. Nou het hy gedink oor die gebeurtenisse van Golgota.
Die gebed van Christus vir Sy moordenaars, en Sy verhoring van
die smeekbede van die sterwende dief, het gespreek tot die hart
van hierdie geleerde raadslid. Voor sy gees het hy weer die Heiland
in Sy lyde gesien; weer het hy die laaste geroep gehoor: “Dit is
volbring”, gespreek soos die woorde van ’n oorwinnaar. Weer het
hy die bewende aarde gesien, die verduistering van die hemele,
die geskeurde voorhangsel, die skud- dende rotse, en sy geloof is
vir ewig bevestig. Juis daardie gebeur-tenisse wat die hoop van
die dissipels vernietig het, het Josef en Nikodemus oortuig van die
Godheid van Jesus. Hulle vrees is oorwin deur die moedigheid van
’
n sterk en onwrikbare geloof.
[795]
Nog nooit het Christus die aandag van die skare so getrek as toe
Hy daar in die graf weggelê is nie. Soos hulle gewoond was, het die
mense hulle siekes na die tempelhowe gebring, en gevra, Wie kan
ons vertel van Jesus van Nasaret? Baie het van ver gekom om Hom
te soek wat die siekes gesondgemaak, en die dode opgewek het. Aan
alle kante is die geroep gehoor, Ons wil Christus, die Geneesheer
hê! By hierdie geleentheid is diegene wat gemeen het dat hulle
tekens van melaatsheid toon, deur die priesters ondersoek. Baie
moes die uitspraak hoor dat hulle mans, vroue, of kinders melaats is,
en gedoem is om die skuiling van hulle huise en die sorg van vriende
te verlaat, en die naderende vreemde te waarsku met die geroep,
“
Onrein, onrein!” Die vriendelike hande van Jesus van Nasaret, wat
nooit ge- weier het om met geneeskrag die afskuwelike melaatse
aan te raak nie, het nou gevou op Sy bors gelê. Die lippe wat die