712
DIE KONING VAN DIE EEUE
reeds gehou is, terwyl die Een na wie dit vooruitgewys het, deur
bose hande om die lewe gebring is, en in Josef se graf gelê het. Op
die Sabbat was die voorhowe van die tempel vol aanbidders. Die ho-
ëpriester van Golgota was daar, pragtig gekleed in sy heilige gewaad.
Priesters met hulle wit tulbande, het met groot bedrywigheid hulle
werk gedoen. Maar sommige van die aanwesiges het nie gemoedsrus
gevind toe die bloed van stiere en bokke vir die sonde geoffer is nie.
Hulle het nie geweet dat die beeld vervul is deur die teenbeeid nie, en
dat ’n ewige Offer gegee is vir die sondes van die wêreld nie. Hulle
het nie geweet dat die uitvoering van die rituaal geen waarde meer
gehad het nie. Nog nooit tevore is daardie diens gadegeslaan met
so baie botsende gevoelens nie. Die basuine en musiekinstrumente
en die stemme van die sangers was so luid en helder as gewoonlik,
maar ’n vreemdheid het oor alles gekom. Baie het navraag gedoen
oor die vreemde dinge wat plaasgevind het. Tot op daardie dag was
die allerheiligste plek beskerm teen indringing, maar nou was dit
oop vir alle oë. Die swaar voorhangsel van suiwer linne en pragtig
uitgewerk met goud en skarlaken en purper, was geskeur van bo tot
onder. Die plek waar Jehova die hoëpriester ontmoet het, waar Sy
heerlikheid geopenbaar is, die heilige troonkamer van God, was nou
sigbaar vir elke oog — n plek wat die Here nie langer erken het nie.
Met onrustige voorgevoelens het die priesters voor die altaar gedien.
Die blootstelling van die heilige misterie van die allerheiligste plek,
het hulle vervul met vrees van ’n aanstaande ramp.
[794]
Baie was besig met gedagtes, aan die gang gesit deur die tonele
van Golgota. Van die kruisiging tot by die opstanding, het baie slape-
lose oë onafgebroke die profesieë ondersoek om die volle betekenis
te verstaan van die fees wat hulle besig was om te vier; ander het
na bewyse gesoek dat Jesus nie was wat Hy gesê het nie; en nog
ander het met harte vol droefheid gesoek na bewyse dat Hy die ware
Messias was. Alhoewel hulle met afsonderlike doelwitte gesoek het,
was almal oor- tuig van dieselfde waarheid, naamlik dat profesie
vervul is met die gebeurtenisse van die afgelope paar dae, en dat
die Gekruisigde die Verlosser van die wêreld was. Baie van diegene
wat daardie dag die Pasga gevier het, het nooit weer daarna daaraan
deelgeneem nie. Selfs onder die priesters was daar baie wat oortuig
was van die ware karakter van Jesus. Hulle ondersoeking van die