Page 715 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

ln Josef se Graf
711
hierdie welgestelde owerstes te sien, wie se belangstelling in die
begrafnis van hulle Here net so groot soos hulle eie was.
Nòg Josef, nòg Nikodemus het die Heiland openlik aangeneem
terwyl Hy nog gelewe het. Hulle het geweet dat so n stap hulle sou
ban uit die Sanhedrin, en hulle het gehoop om Hom te beskerm deur
hulle invloed en hulle raadgewing. Vir ’n tyd het dit geskyn of hulle
daarin geslaag het; maar die listige priesters wat gesien het dat hulle
Christus goedgesind was, het hulle planne gedwarsboom. Jesus is in
hulle afwesigheid veroordeel en oorgelewer om gekruisig te word.
Nou dat Hy dood was, het hulle nie langer hulle liefde vir Hom
verberg nie. Terwyl die dissipels gevrees het om openlik te toon
dat hulle Sy volgelinge was, het Josef en Nikodemus onverskrokke
tot hulle hulp gekom. Die hulp van hierdie ryk en geëerde manne
was baie nodig in hierdie tyd. Wat die arm dissipels nie vir hulle
gestorwe Meester kon doen nie, het hierdie manne wel gedoen; en
hulle rykdom en invloed het hulle in ’n groot mate beskerm teen die
kwaadwilligheid van die priesters en owerstes.
Saggies en met eerbied het hulle met hulle eie hande die liggaam
van Jesus van die kruis afgehaal. Hulle het trane van medelyde
gestort by die aanskouing van Sy verbryselde en geskeurde liggaam.
Josef het ’n nuwe graf gehad, uit ’n rots gekap. Dit het hy vir homself
reserveer; maar dit was naby Golgota, en hy het dit nou reggemaak
vir Jesus. Die liggaam, saam met die speserye van Nikodemus, is
sorg- vuldig in ’n linnelaken gewikkel, en na die graf gedra. Daar
het die drie dissipels die liggaam uitgelê, en die deurboorde hande
op die bors gevou. Die Galilese vroue het kom kyk of alles gedoen
[793]
is wat gedoen kon word vir die lewenlose liggaam van hulle geliefde
Leraar. Toe het hulle gesien hoe die swaar klip in die ingang van
die graf gerol is, en die Heiland is daar gelaat om te rus. Die vroue
was laaste by die kruis, en laaste by die graf van Christus. Terwyl
dit begin donker word het, het Maria Magdalena en die ander Maria
by die rusplek van hulle Here getalm, en trane van droefheid gestort
oor Hom wat hulle liefgehad het. “Daarop het hulle teruggegaan . . .
en op die sabbat gerus volgens die gebod.” Lukas 23: 56.
Dit was n onvergeetlike Sabbat vir die droewige dissipels, en ook
vir die priesters, die owerstes, die skrifgeleerdes, en die volk. Met
sonsondergang op die voorbereidingsdag, is die basuine geblaas as
teken dat die Sabbat begin het. Die Pasga is gehou soos dit vir eeue