710
DIE KONING VAN DIE EEUE
Nog nooit het hulle Sy waarde so besef, en hulle behoefte aan Sy
teen- woordigheid so erg gevoel nie.
Selfs in die dood was Christus se liggaam baie dierbaar. Hulle
het verlang om Hom ’n waardige begrafnis te gee, maar hulle het nie
ge- weet hoe om dit te doen nie. Hoogverraad teen die Romeinse re-
gering was die misdaad waarvoor Christus tereggestel is, en persone
wat vir hierdie misdaad om die lewe gebring is, is begrawe in ’n
begraafplaas spesiaal afgesonder vir sulke misdadigers. Die dissipel
Johannes, met die vroue van Galilea, het by die kruis gebly. Hulle
wou nie die liggaam van hulle Here agterlaat om gehanteer te word
deur die gevoellose soldate, en in ’n skandgraf begrawe te word nie.
Maar hulle kon dit nie verhoed nie. Hulle sou geen guns ontvang
van die Joodse owerheid nie, en by Pilatus het hulle geen invloed
gehad nie.
In hierdie nood het Josef van Arimethea en Nikodemus die dissi-
pels te hulp gekom. Albei hierdie manne was lede van die Sanhedrin,
en hulle was bekend aan Pilatus. Altwee was welgestelde en invloed-
ryke manne. Hulle sou toesien dat die liggaam van Jesus op eerbare
wyse begrawe word.
Josef het onbevrees na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus
gevra. Toe het Pilatus vir die eerste maal verneem dat Jesus reeds
dood was. Teenstrydige berigte het hom bereik aangaande die ge-
beurtenisse in verband met die kruisiging, maar die feit dat Christus
reeds dood was, is met opset van hom weerhou. Pilatus is gewaarsku
deur die priesters en owerstes dat Christus se dissipels bedrog mag
[792]
pleeg in verband met Sy liggaam. Nadat hy Josef se versoek gehoor
het, het hy die kaptein laat roep wat in bevel by die kruis was, om
met sekerheid te hoor of Jesus dood was. Van hom het hy ook n
beskry- wing gekry van die tonele op Golgota, en dit het bevestig
wat Josef gesê het.
Die versoek van Josef is toegestaan. Terwyl Johannes hom be-
kommer het oor die begrafnis van sy Meester, het Josef teruggekom
met Pilatus se bevel dat die liggaam van Jesus oorhandig moes word,
en Nikodemus het gekom met die kosbare mengsel van mirre en
alewee van omtrent honderd pond gewig, om Sy liggaam te balsem.
Aan die mees geëerdes in die hele Jerusalem kon nie groter eer
bewys gewees het in hulle dood nie. Die dissipels was verbaas om