Page 713 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

ln Josef se Graf
709
te sterf. Die priesters wou seker maak dat Jesus werklik dood was,
en op hulle voorstel het ’n soldaat sy spies in die Heiland se sy
gesteek. Uit die wond wat gemaak is, het daar twee verskillende
strome gevloei, die een bloed en die ander water. Dit is opgemerk
deur almal wat daar gestaan het, en Johannes het dit duidelik beskryf.
Hy sê: “Een van die soldate het met ’n spies in Sy sy gesteek, en
dadelik het daar bloed en water uitgekom. En hy wat dit gesien het,
het dit getuig, en sy getuienis is waaragtig; en hy weet dat hy die
waarheid spreek, sodat julle kan glo. Want hierdie dinge het gebeur,
dat die Skrif vervul sou word: Geen been van Hom sal gebreek word
nie. En weer sê ’n ander skrif: Hulle sal sien in wie hulle gesteek
het.” Joh. 19: 34-37.
Ná die opstanding het die priesters en owerstes die gerug versprei
dat Christus nie aan die kruis gesterf het nie, maar dat Hy net flou
geword, en later weer bygekom het. ’n Ander gerug het gelui dat dit
nie ’n werklike liggaam van vlees en been was wat in die graf gelê
is nie, maar iets soos ’n liggaam. Die handelwyse van die Romeinse
soldate bewys dat dit pure leuens was. Hulle het nie Sy bene gebreek
nie, omdat Hy reeds dood was. Om die priesters tevrede te stel, het
hulle in Sy sy gesteek; as Hy toe nie reeds dood was nie, sou hierdie
wond dadelik Sy dood veroorsaak het.
Maar dit was nie die spies, of die foltering aan die kruis wat die
dood van Jesus veroorsaak het nie. Daardie geroep “met ’n groot
stem” Matt. 27: 50; Lukas 23: 46 op die oomblik van die dood, die
[791]
stroom van water en bloed uit Sy sy, is bewys dat Hy aan ’n gebroke
hart gesterf het. Sy hart is gebreek ten gevolge van Sy gemoedsangs.
Hy is gedood deur die sonde van die wêreld.
Met die dood van Christus het die hoop van Sy dissipels vergaan.
Hulle het Sy toe oë, Sy hangende hoof, Sy met bloed-gekoekte hare,
Sy deurboorde hande en voete aanskou, en hulle neerslagtigheid was
on- beskryflik. Tot op die laaste dag het hulle nie geglo dat Hy sou
sterf nie; hulle kon nie glo dat Hy regtig dood was nie. Oorweldig
deur droefheid, het hulle nie gedink aan Sy woorde wat juis hierdie
toneel beskryf het nie. Niks wat Hy gesê het, het hulle nou vertroos
nie. Al wat hulle gesien het, was die kruis met sy bebloede slagoffer.
Die toekoms het donker en hopeloos geskyn. Hulle geloof in Jesus
het vergaan, maar nooit het hulle hulle Here liefgehad soos nou nie.