708
DIE KONING VAN DIE EEUE
van lig verberg. Die rotse het Hom geken, en in stukke geskeur op
Sy geroep. Die lewenlose natuur het Christus geken, en getuig van
Sy Godheid. Maar die priesters en owerstes van Israel het die Seun
van God nie geken nie.
Die priesters en owerstes het nie gerus nie. Hulle het hulle plan
volvoer om Christus om die lewe te bring; maar die tevredenheid
van oorwinning wat hulle verwag het, het ontbreek. Selfs in die uur
van hulle skynbare sege, was hulle baie onrustig oor wat daarna mag
gebeur. Hulle het die uitroepe gehoor, “Dit is volbring.” “Vader, in
U hande gee Ek My gees oor.” Joh. 19: 30; Lukas 23: 46. Hulle het
die rotse sien skeur, en die geweldige aardbewing gevoel, en hulle
was onrustig en ongemaklik.
Hulle was jaloers op Christus se invloed by die mense toe Hy
nog gelewe het; hulle was jaloers op Hom selfs in Sy dood. Hulle
het die gestorwe Christus meer gevrees, baie meer gevrees, as die
lewende Christus. Hulle wou nie hê dat die aandag van die mense
verder gevestig moes word op die gebeurtenisse by Sy kruisiging
nie. Hulle het die resultate van die dag se werk gevrees. Onder geen
omstan- dighede sou hulle toelaat dat Sy liggaam op die Sabbat
aan die kruis hang nie. Die Sabbat was nou aan kom, en dit sou die
Sabbat ontheilig as die liggame daar aan die kruis gebly het. Met
daardie ekskuus het van die vooraanstaande Jode Pilatus genader met
die versoek dat die dood van die gekruisigdes verhaas moes word,
sodat hulle liggame verwyder kon word vóór die son ondergaan.
[790]
Pilatus wou net so min hê dat die liggaam van Jesus aan die kruis
moes bly. Ná sy toestemming verkry is, is die bene van die twee
diewe gebreek om hulle dood te verhaas; maar daar is gevind dat
Jesus alreeds dood was. Die ongevoelige soldate se harte is versag
deur wat hulle van Christus gehoor en gesien het, en hulle wou nie
Sy bene breek nie. So is daar, in die offer van die Lam van God,
voldoen aan die voorskrifte van die wet van die Paasfees, wat gelui
het: “Hulle moet daarvan niks laat oorbly tot die more toe of ’n been
daaraan breek nie; volgens die hele insetting van die pasga moet
hulle dit hou.” Numeri 9: 12.
Die priesters en die owerstes was verbaas om te vind dat Christus
reeds dood was. Die dood aan die kruis was ’n langdurige proses; en
dit was moeilik om vas te stel wanneer die dood ingetree het. Dit was
iets ongehoords vir ’n persoon om binne ses uur ná die kruisiging