ln Josef se Graf
707
Hierdie woorde is nie met ’n fluisterstem gespreek nie. Alle
oe is gedraai in die rigting waarvandaan hulle gekom het. Wie het
gepraat? Dit was die kaptein, die Romeinse soldaat. Die goddelike
1
yd- saamheid van die Heiland, en Sy skielike dood, met die woorde
van oorwinning op Sy lippe, het ’n indruk gemaak op hierdie heiden.
In die verbryselde, gebroke liggaam wat daar aan die kruis gehang
het, het die kaptein die gestalte van die Seun van God herken. Hy
kon nie nalaat om sy geloof te bely nie. So is daar weer bewys
gegee dat ons Verlosser die moeitevolle arbeid van Sy siel sou sien.
Op die dag toe Hy gesterf het, het drie manne, wat grootliks van
mekaar verskil het, hulle geloof betuig, naamlik die kaptein van die
Romeinse wag, die een wat die kruis van die Heiland gedra het, en
die een wat gesterf het aan die kruis langs Hom.
Dit het aand geword, en ’n bonatuurlike stilte het geheers op
Golgota. Die skare is uiteen, en baie is terug na Jerusalem, met ’n
heeltemal ander gees as wat hulle daardie more gehad het. Baie het
uit nuuskierigheid gaan kyk na die kruisiging, en nie omdat hulle
Christus gehaat het nie. Maar hulle het tog die beskuldigings van
die priesters geglo, en Christus beskou as ’n misdadiger. Onder ’n
onna- tuurlike opwinding het hulle saam met die gepeupel teen Hom
geskreeu. Maar toe die aarde in duisternis gehul is, en hulle aangekla
deur hulle eie gewete daar gestaan het, het hulle skuldig gevoel aan
’
n groot onreg. Daar is geen geskerts of spotlag gehoor in daardie
vreeslike duisternis nie; en toe die duisternis opgehef is, is hulle in
stilte na hulle huise terug. Hulle was oortuig dat die aanklagte van
[789]
die priesters vals was, en dat Jesus geen bedrieër was nie; ’n paar
weke later toe Petrus op Pinksterdag gepreek het, was hulle onder
die duisende wat hulle tot Christus bekeer het.
Maar die Joodse leiers is nie verander deur die dinge wat hulle
gesien het nie. Hulle haat vir Jesus het nie afgekoel nie. Die duis-
ternis wat die aarde bedek het by die kruisiging, was nie digter as
dié wat die harte van die priesters en owerstes nog bedek het nie.
By Sy geboorte het die ster Christus geken en die wyse manne na
die krip gelei waar Hy gelê het. Die hemelse leërskare het Hom
geken en het Sy lof gesing oor die vlaktes van Betlehem. Die see
het Sy stem geken en Sy bevel gehoorsaam. Siekte en die dood het
Sy gesag erken, en hulle slagoffers tot Hom vrygelaat. Die son het
Hom geken, en het by die aanskouing van Sy doodsangs sy gesig