Page 710 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

ln Josef se Graf
EINDELIK het Jesus gerus. Die lang dag van skande en marte-
ling het ten einde geloop. Die laaste strale van die ondergaande son
het die Sabbat ingelei, en die Seun van God het stil gelê in Josef se
graf. Sy werk gedaan, en met Sy hande in vrede gevou, het Hy gerus
gedurende die heilige ure van die Sabbat.
In die begin het die Vader en die Seun op die Sabbat gerus ná
Hulle skeppingswerk. Ná die “hemel en die aarde met hulle ganse
leërmag” voltooi was Gen. 2:1, het die Skepper en al die hemelse
wesens hulle verbly in die betragting van die heerlike toneel. “Die
moresterre . . . en al die seuns van God” het saam gejubel en gejuig.
Job 38: 7. Nou het Jesus gerus van Sy verlossingswerk; en alhoewel
diegene wat Hom op die aarde liefgehad het, bedroef was, was daar
blydskap in die hemel. Heerlik in die oë van die hemelse wesens
was die belofte van die toekoms. ’n Herstelde skepping, ’n verloste
geslag wat, omdat die sonde oorwin is, nooit kan val nie — dit,
die gevolge van Christus se voltooide werk, het God en die engele
gesien. Die dag waarop Christus gerus het, is vir altyd verbind met
hierdie toneel. Want Sy werk is volkome; en daar is gesien “dat
alles wat God doen, vir ewig sal bestaan.” Deut. 32: 4; Pred. 3: 14.
[787]
[788]
Wanneer die tyd kom vir die “wederoprigting van alle dinge waarvan
God van ouds af gespreek het deur die mond van al Sy heilige profete
Hand.” 3: 21, sal die skepping-Sabbat, die dag waarop Jesus gelê en
rus het in Josef se graf, nog die dag van rus en blydskap wees. Die
hemel en die aarde sal saam juig wanneer alle vlees “elke week op
die Sabbat” Jes. 66: 23, met blydskap in aanbidding neerbuig voor
God en die Lam.
In die slottonele van die kruisiging, is daar nuwe bewys gegee
van die vervulling van profesie, en daar is opnuut getuig van die
Godheid van Christus. Toe die duisternis om die kruis opgehef, en
die Heiland se sterwenswoorde geuiter is, is daar onmiddellik weer
n ander stem gehoor wat sê, “Waarlik, Hy was die Seun van God.”
Matt. 27: 54.
706