“
Dit is Volbring”
705
geoes het, sou hulle vergaan het; maar dan sou dit nie vir die hemelse
wesens duidelik gewees het dat dit die onvermydelike gevolge van
die sonde was nie. Daar sou in hulle harte twyfel bestaan het oor die
goedheid van God, soos bose saad wat sy dodelike vrugte van sonde
en eilende sou voortbring.
Maar dit sal nie so wees aan die einde van die stryd nie. Dan sal
die verlossingsplan volbring wees, en die karakter van God geopen-
baar word aan al die geskape wesens. Die gebooie van Sy wet sal as
volmaak gesien word, en onveranderlik. Die sonde sal dan sy aard
geopenbaar het, en die Satan sy karakter. Dan sal die uitroeiing van
die sonde Gods liefde bewys, en Sy eer bevestig voor ’n heelal van
wesens wat ’n behae het om Sy wil te doen, en in wie se harte Sy
volmaakte wet is.
Die engele kon hulle wel verbly toe hulle die Heiland se kruis
aanskou het; want alhoewel hulle toe nie alles verstaan het nie, het
hulle geweet dat die vernietiging van die sonde en die Satan vir ewig
verseker is, en dat die heelal vir altyd bevestig is. Christus self het
die resultate van Sy soendood aan die kruis ten volle besef. Dit is
daarna wat Hy vooruitgesien het toe Hy aan die kruis uitgeroep het,
“
Dit is volbring.”
[786]