Page 708 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

704
DIE KONING VAN DIE EEUE
en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word.” Dan. 7:
25.
Mense sal sekerlik hulle wette stel teenoor die wette van God.
Hulle sal probeer om die gewete van ander te dwing, en in hulle ywer
om hierdie wette te handhaaf, sal hulle hulle medemens verdruk.
Die oorlog teen Gods wet, wat in die hemel begin het, sal voort-
gesit word tot die einde van tyd. Elke mens sal getoets word. Gehoor-
saamheid of ongehoorsaamheid, dit is die keuse waarvoor die hele
wêreld staan. Almal sal geroep word om te kies tussen die wet van
God en die wette van mense. Dit is daar waar die skeidslyn getrek
sal word. Daar sal slegs twee klasse wees. Elke karakter sal ten volle
ontwikkel; en almal sal toon of hulle die kant van getrouheid, of die
kant van rebellie gekies het.
Dan sal die einde kom. God sal Sy wet regverdig en Sy kinders
verlos. Die Satan, en almal wat by hom aangesluit het in sy opstand,
sal vernietig word. Sonde en sondaars sal wortel en tak vergaan
Mal. 4: 1—Satan, die wortel, en sy volgelinge, die takke. Die woord
sal vervul word aan die vors van die boosheid, “Omdat jy jou hart
gemaak het soos die hart van ’n god . . . daarom het Ek jou . . . tussen
die vurige gesteentes uit vernietig, o gerub wat beskut. . . . Jy het
n ver- skrikking geword en sal daar nie meer wees tot in ewigheid
nie.” Dan sal die goddelose “daar nie wees nie; ja jy sal ag gee op
sy plek, maar hy sal daar nie wees nie;” hulle sal word “asof hulle
nooit bestaan het nie.” Eseg. 28: 6-19; Ps. 37: 10; Obadja 16.
Dit is nie die arbitrêre gebruik van mag aan die kant van God
nie. Die verwerpers van Sy genade oes wat hulle gesaai het. God is
die bron van die lewe, en wanneer ’n persoon die sonde kies, skei
hy homself van God af, en so sny hy homself af van die lewe. Hy is
[785]
vervreemd van die lewe van God.” Christus sê, “Almal wat My haat,
het die dood lief.” Efe. 4: 18; Spreuke 8: 36. God laat hulle vir ’n tyd
lewe, sodat hulle hulle karakter kan ontwikkel en hulle beginsels kan
openbaar. Daarna oes hulle die gevolge van hulle eie keuse. Deur ’n
lewe van rebellie, sny die Satan, en almal wat met hom saamstaan,
hulle so volkome van God af dat Sy teenwoordigheid vir hulle soos
n verterende vuur is. Die heerlikheid van Hom wat liefde is, sal
hulle vernietig.
In die begin van die groot stryd, het die engele dit nie verstaan
nie. As die Satan en sy leërskare toe die gevolge van hulle sonde sou