“
Dit is Volbring”
703
God het Sy liefde in Sy geregtigheid geopenbaar net soseer as in
Sy genade. Geregtigheid is die grondslag van Sy troon, en die vrug
van Sy liefde. Dit was die Satan se besliste doel om genade te skei
van waarheid en geregtigheid. Hy het geprobeer om te bewys dat
die geregtigheid van Gods wet ’n vyand van die vrede was. Maar
Christus het gewys dat hulle in Gods plan onskeidbaar saamgevoeg
is; die een kan nie bestaan sonder die ander nie. “Goedertierenheid
en trou ontmoet mekaar; geregtigheid en vrede kus mekaar.” Ps. 85:
11.
Deur Sy lewe en dood het Christus bewys dat Gods geregtigheid
nie Sy genade vernietig het nie, maar dat die sonde kan vergewe
word, en dat die wet regverdig is en volkome gehoorsaam kan word.
Die Satan se beskuldigings is weerlê. God het aan die mens onmis-
kenbare bewys gegee van Sy liefde.
Nog ’n ander bedrog is nou verkondig. Die Satan het verklaar
dat genade geregtigheid vernietig het, en dat die dood van Christus
die Vader se wet opgehef het. As dit moontlik was om die wet te
verander of op te hef, dan sou dit nie nodig gewees het vir Christus
om te sterf nie. Maar om die wet op te hef, sou die sonde verewig,
en die wêreld onder die heerskappy van die Satan geplaas het. Dit
was omdat die wet onveranderlik is, en omdat die mens gered kon
word alleen deur gehoorsaamheid daaraan, dat Jesus aan die kruis
genael is. Juis die middel waardeur Christus die wet bevestig het, is
volgens die Satan die een wat dit vernietig. Die laaste groot stryd
tussen Christus en die Satan sal oor hierdie punt gaan.
Wat die Satan nou aanvoer, is dat die wet wat deur God self
gespreek is, foutief is, en dat sekere bepalings ter syde gestel is. Dit
sal sy laaste groot bedrog wees. Hy hoef nie die hele wet aan te val
[784]
nie; as hy die mense kan beweeg om net een gebod te veronagsaam,
sal hy sy doel bereik. “Want wie die hele wet onderhou, maar in een
opsig struikel, het aan almal skuldig geword.” Jakobus 2: 10. Deur
hom skuldig te maak aan die oortreding van een gebod, bring die
mens homself onder die mag van die Satan. Deur die wet van ’n
mens te stel in die plek van die wet van God, probeer die Satan om
die wêreld onder sy heerskappy te kry. Dit word in profesie voorspel.
Van die groot afvallige mag, die verteenwoordiger van die Satan,
word daar gesê: “Hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die
heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye