Page 706 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

702
DIE KONING VAN DIE EEUE
het die Satan se vreugde geen perke geken nie. Dit is nou bewys, het
hy gesê, dat die wet nie gehoorsaam kan word nie; die mens kan nie
vergewe word nie. Omdat hy, het die Satan gesê, na sy opstand uit
die hemel verban is, moet die mens ook vir ewig die guns van God
verbeur. God kan nie regverdig wees, het hy gesê, en terselfdertyd
aan die sondaar genade betoon nie.
Maar selfs as sondaar was die mens nie in dieselfde posisie
as die Satan nie. Lucifer in die hemel het gesondig in die lig van
Gods heerlikheid. Aan hom, soos aan geen ander wese nie, is daar n
openbaring van Gods liefde gegee. Ondanks die feit dat die Satan
Gods karakter verstaan, en Sy goedheid geken het, het hy verkies
om sy eie selfsugtige en onafhanklike wil te volg. Hierdie keuse was
finaal. Daar was niks meer wat God kon doen om hom te red nie.
Maar die mens is bedrieg; sy verstand is verduister deur die Satan se
drogredes. Hy het nie die hoogte en diepte van Gods liefde geken
nie. Vir hom was daar hoop in ’n kennis van die liefde van God.
Deur Sy karakter te aanskou, kon hy teruggebring word na God.
Deur Jesus is Gods genade geopenbaar aan die mens; maar die
genade stel nie geregtigheid ter syde nie. Die wet openbaar die
eien- skappe van Gods karakter, en nie ’n jota of tittel daarvan kon
verander word om die mens tegemoet te kom in sy gevalle toestand
nie. God het nie Sy wet verander nie, maar Hy het Homself opgeoffer,
in Christus vir die verlossing van die mens. God het “in Christus die
wêreld met Homself versoen.” 2 Kor. 5: 19.
Die wet eis geregtigheid —’n lewe van geregtigheid, n volmaakte
karakter; en dit kon die mens nie gee nie. Hy kan nie voldoen aan
die eise van Gods heilige wet nie. Maar Christus, deur na die wêreld
[783]
te kom as mens, het ’n heilige lewe gelei, en ’n volmaakte karakter
gevorm. Dit bied Hy aan as ’n vrye gawe aan almal wat dit graag
wil hê. Sy lewe staan vir die lewe van die mens. Aldus verkry hulle
ver- gifnis van die sonde deur die verdraagsaamheid van God. En
nog meer, Christus besiel hulle met die eienskappe van God. Hy bou
die menslike karakter op in die ewebeeld van die goddelike karakter,
n goeie weefsel van geestelike krag en skoonheid. So word die
gereg-tigheid van die wet vervul in die gelowige in Christus. God
kan self regverdig wees “en kan regverdig maak wie uit die geloof
in Jesus is.” Rom. 3: 26.