“
Dit is Volbring”
701
bespot het toe Hy daar aan die kruis gehang het, was besiel met die
gees van die eerste groot rebel. Hy het vuil en afskuwelike woorde
in hulle mond gelê. Hy het die hoontaal geïnspireer. Maar deur al
hierdie dinge het hy niks gewin nie.
As hulle maar een sonde in Christus kon vind, as Hy maar in
een opsig toegegee het aan die Satan om die vreeslike marteling te
vermy, sou die vyand van God en mens die oorwinning behaal het.
Christus het Sy hoof gebuig en gesterf, maar Hy het Sy geloof in,
en Sy onderworpenheid aan God nie versaak nie. “Toe hoor ek ’n
groot stem in die hemel sê: Nou het die saligheid en die krag en die
koningskap die eiendom van onse God geword en die mag van Sy
Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat
hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.” Openb. 12: 10.
Die Satan het besef dat sy masker afgeruk is. Sy administrasie
is blootgelê voor die engele wat nie gesondig het nie, en voor die
hemelse heelal. Hy het homself geopenbaar as ’n moordenaar. Deur
die bloed te vergiet van die Seun van God, het hy die simpatie van
die hemelse wesens vir hom heeltemal vernietig. Voortaan sou sy
bedrywighede beperk wees. Wat hy nou ook al mag doen, sou hy
nie langer die engele kon inwag wanneer hulle die hemelse howe
verlaat, en Christus se broeders voor hulle beskuldig dat hulle beklee
is met die kleed van duisternis en die besoedeling van die sonde
nie. Die laaste skakel van medelyde tussen die Satan en die hemelse
wêreld was verbreek.
Maar tog is die Satan nie vernietig nie. Die engele het selfs toe
nog nie alles verstaan wat op die spel is in die groot stryd nie. Die
beginsels op die spel sou nog duideliker geopenbaar word. En vir die
[782]
ontwil van die mens moes die Satan toegelaat word om nog te lewe.
Die mens, sowel as die engele moes die teenstelling sien tussen die
Vors van die lig en die vors van die duisternis. Hy moet kies wie hy
wil dien.
In die begin van die groot stryd het die Satan verklaar dat die wet
van God nie gehoorsaam kon word nie; dat geregtigheid onversoenlik
is met genade, en dat, as die wet oortree word, dit onmoontlik sou
wees vir die sondaar om vergifnis te verkry. Elke sonde moet gestraf
word, het die Satan betoog; en as God die oortreder sy straf sou
kwyt- skeld, dan is Hy nie ’n God van waarheid en geregtigheid nie.
Toe die mens die wet van God oortree, en Sy wil veronagsaam het,