Page 704 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

700
DIE KONING VAN DIE EEUE
verlossing. Die hemel kon nie langer die gesig verduur nie, en n
boodskapper is gestuur om die Seun van God te vertroos.
Die Hemel het gesien hoedat die slagoffer verraai word in die
hande van die moorddadige gepeupel, en hoe hulle Hom haastig
van die een geregsaal na die ander neem. Hulle het gesien hoe
Sy vervolgers Hom verag omrede Sy nederige geboorte. Hulle het
gehoor hoe een van Sy mees geliefde dissipels Hom verloën met
vloeke. Hulle het die bose werk van die Satan gesien, en sy mag oor
die harte van mense. O, verskriklike toneel! Die Heiland word te
middernag in Getsemane gevangegeneem, en van paleis na geregsaal
gesleep, om tweemaal voor die priesters te verskyn, tweemaal voor
die Sanhedrin, tweemaal voor Pilatus, en eenmaal voor Herodes,
gesmaad, gegésel, veroordeel, en uitgelei na Golgota, met die swaar
kruis op Sy skouers, onder die geween van die dogters van Jerusalem,
en die gehoon van die gepeupel.
Die Hemel het met droefheid en verbasing Christus aan die
kruis sien hang, die bloed druppende van Sy verwonde slape, en die
bloedsweet op Sy voorhoof. Van Sy hande en voete het die bloed
druppel vir druppel geval op die klippe wat gehaal is uit die gat
waarin die kruis geplant is. Die spykers het gapende wonde gemaak
toe die gewig van Sy liggaam feitlik aan Sy hande gehang het. Hy het
gejaagd gehyg na asem onder die las van die sondes van die wêreld.
Die hele Hemel is met verbasing vervul toe Christus, te midde van
die vreeslike foltering, gebid het, “Vader, vergeef hulle, want hulle
weet nie wat hulle doen nie.” Lukas 23: 34. Nogtans het daar mense
gestaan, geskape in die beeld van God, besig om die lewe te pers uit
Sy enig- gebore Seun. Wat ’n skouspel vir die hemelse heelal!
[781]
Die owerhede en magte van die duisternis het rondom die kruis
gestaan, en die harte van die mense beïnvloed met ’n helse ongeloof.
Toe die Here hierdie wesens geskape het om voor Sy troon te staan,
was hulle mooi en heerlik. Hulle heerlikheid en heiligheid het gepas
by hulle verhewe stand. Hulle was begaaf met die wysheid van God,
en omgord met die wapenrusting van die hemel. Hulle was Jehova
se dienaars. Maar wie sou nou in hierdie gevalle engele die serafs
herken wat eenmaal in die hemelse howe gedien het?
Sataniese werktuie het saamgewerk met bose manne om die
mense te beïnvloed om te glo dat Christus die grootste sondaar was,
en om Hom die voorwerp van haat te maak. Diegene wat Christus