“
Dit is Volbring”
699
handhawing van hierdie beginsels wat God werk. Gods regering is
sedelik, en waarheid en liefde vier daarin die botoon.
Dit was Gods doel om alle dinge op ’n ewige basis van veiligheid
te vestig, en in die raadsbesluite van die hemel is daar besluit dat
tyd gegee moes word aan die Satan om die beginsels ten grondslag
van sy regeringstelsel te ontwikkel. Hy het gesê dat hulle beter was
as Gods beginsels. Tyd is gegee vir die uitwerking van die Satan se
beginsels, sodat hulle gesien kon word deur die hemelse heelal.
Die Satan het die mens tot die sonde verlei, en toe is die verlos-
singsplan in werking gestel. Vir vierduisend jaar het Christus gewerk
vir die opheffing van die mens, en die Satan vir sy verlaging en
ondergang. En die hemelse heelal was die toeskouers.
Toe Jesus na hierdie wêreld gekom het, het die Satan sy mag
teen Hom aangewend. Van die tyd dat Hy as kindjie in Betlehem
gebore is, het die indringer gewerk om Hom te vernietig. Op elke
moontlike manier het Hy geprobeer om te belet dat Jesus ’n vol-
maakte jongeling en foutlose man word, en om Sy heilige bediening
en vlekke- lose offer te bederf. Maar hy is verslaan. Hy kon Jesus
nie tot die sonde verlei nie. Hy kon Hom nie ontmoedig, of Hom
beweeg om die werk waarvoor Hy na die aarde gekom het, te laat
vaar nie. Van die woestyn tot by Golgota, het die storm van die Satan
se toorn teen Hom gewoed, maar hoe meedoënloser dit gewoed het,
hoe vaster het die Seun van God aan Sy Vader se hand geklem en
volgehou op die met bloed bevlekte lydensweg. Al die pogings van
die Satan om Hom te verdruk en te oorwin, het slegs die reiner lig
van Sy vlekkelose karakter helderder laat skyn.
[780]
Die ganse hemel, en al die werelde wat nie in die sonde geval het
nie, was getuies van die stryd. Met watter spannende belangstelling
het hulle die slottonele van die stryd gevolg! Hulle het die Heiland
die tuin van Getsemane sien binnegaan, Sy siel terneergedruk met
die vrees van die groot duisternis. Hulle het Sy gesmeek gehoor,
“
My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan.”
Matt.
26: 39.
Namate die Vader se teenwoordigheid onttrek is, het
hulle gesien hoe beangs Hy was, ’n angs groter as die van die laaste
worsteling met die dood. Bloedsweet het uit Sy sweetgaatjies gekom
en in druppels op die grond geval. Driemaal het Hy gesmeek om