Page 702 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Dit is Volbring”
CHRISTUS het nie gesterf voordat Hy al die werk klaargemaak
het wat Hy gehad het nie, en met Sy laaste asem het Hy uitgeroep,
Dit is volbring.” Joh. 19: 30. Die stryd was gewonne. Sy regterhand
en Sy heilige arm het Hom die oorwinning besorg. As Oor- winnaar
het Hy Sy banier op die ewige hoogtes geplant. Was daar nie vreugde
onder die engele nie? Die ganse hemel het oorwin in die Heiland
se oorwinning. Die Satan was verslaan, en hy het geweet dat sy
koninkryk verlore was.
Vir die engele en die wêrelde wat nie geval het nie, het die
woorde, “Dit is volbring,” groot betekenis gehad. Dit was vir hulle
sowel as vir ons dat die groot verlossingswerk volbring is. Hulle,
saam met ons, deel in die vrugte van Christus se oorwinning.
Eers by die dood van Christus is die karakter van die Satan
duidelik geopenbaar aan die engele en die wêrelde wat nie geval
het nie. Die aartssondaar het homself so met bedrog beklee, dat
selfs heilige wesens nie sy beginsels verstaan het nie. Hulle het nie
duidelik die aard van sy opstand gesien nie.
Dit was ’n wese van wonderbare krag en heerlikheid wat homself
teen God gestel het. Van Lucifer sê die Here, ” Jy was die seëlring
van eweredigheid, vol van wysheid en volmaak in skoonheid.” Eseg.
[779]
28: 12.
Lucifer was een van die skut-engele. Hy het gestaan in die
lig van Gods teenwoordigheid. Hy het hoogste gestaan onder al
die geskape wesens, en hy het die vernaamste aandeel gehad in die
openbaring van Gods raadsbesluite aan die heelal. Na hy gesondig
het, was sy mag van bedrog nog bedriegliker, en die openbaring van
sy karakter des te moeiliker weens die hoë posisie wat hy by die
Vader beklee het.
God kon die Satan en sy aanhangers baie maklik vernietig het,
maar Hy het dit nie gedoen nie. Die opstand sou nie met geweld
onderdruk word nie. Geweld is iets wat alleen in die regering van
die Satan gevind word. Die Here se beginsels is nie van daardie aard
nie. Sy gesag berus op goedheid, genade, en liefde; en dit is deur die
698