Golgota
697
onder geskeur, en aan die oë van die mense is die plek oopgestel
wat voorheen vervul was met die teenwoordigheid van God. In
daardie plek het die goddelike heerlikheid gewoon. Daar het God Sy
heerlikheid geopenbaar, bokant die versoendeksel. Niemand behalwe
die hoëpriester het ooit die voorhangsel gelig wat daardie afdeling
geskei het van die res van die tempel nie. Hy het dit eenmaal per
jaar binnegegaan om versoening te doen vir die sondes van die volk.
Maar nou is hierdie voorhangsel in twee geskeur. Die allerheiligste
plek van die aardse heiligdom was nie langer heilig nie.
Almal verkeer in vrees en verwarring. Die priester wou net die
lam slag, maar die mes val uit sy verlamde hand, en die lam ontsnap.
In die dood van die Seun van God het die beeid sy teenbeeid ontmoet.
Die groot soenoffer is gegee. Die weg tot die allerheiligste is oopge-
maak. ’n Nuwe en lewende weg is vir almal berei. Nie langer hoef
sondige en ellendige mense te wag op die koms van die hoëpriester
nie. Voortaan sou die Heiland die hoëpriester en voorspraak wees in
die hemel van die hemele. Dit was asof ’n lewende stem gespreek
het tot die aanbidders: Daar is nou ’n einde aan al die offers vir die
sonde. Die Seun van God het gekom in ooreenstemming met Sy
Woord, “Kyk, Ek kom — in die boekrol is dit van My geskrywe
—
om U wil, o God, te doen.” “Deur Sy eie bloed,” het Hy “eenmaal
ingegaan in die heiligdom en ’n ewige versoening teweeggebring.”
Heb. 10: 7; 9: 12.
[778]