696
DIE KONING VAN DIE EEUE
was besig om Sy strale te onttrek aan die eens begunstigde stad,
Jerusalem. Die vreeslike blitse van Gods toorn was gemik op daardie
gedoemde stad.
Skielik is die duisternis weg van die kruis, en met ’n helder stem,
wat, soos dit geskyn het, deur die ganse skepping weerklink, het
Jesus uitgeroep, “Dit is volbring!” “Vader, in U hande gee Ek My
gees oor!” ’n Lig het om die kruis geskyn, en die gelaat van die
Heiland het geglinster soos die heerlikheid van die son. Toe het Hy
Sy hoof laat sak op Sy bors, en gesterf.
Te midde van die vreeslike duisternis, en oënskynlik deur God
verlate, het Christus die laaste druppels gedrink uit die beker van
menslike lyding. In daardie vreeslike ure het Hy vertrou op die ge-
tuienis van Sy Vader se aanname wat voorheen aan Hom gegee is. Hy
was bekend met die karakter van Sy Vader; Hy het Sy geregtigheid
en genade en Sy groot liefde verstaan. Deur die geloof het Hy in
Hom berus wat Hy altyd met vreugde gehoorsaam het. En waar
Hy Homself in oorgawe aan God toevertrou het, is die besef van
die verlies van die Vader se guns weggeneem. Deur die geloof was
Christus die Oorwinnaar.
Nog nooit tevore het die aarde so ’n toneel aanskou nie. Die
skare het magteloos gestaan, en in gespanne afwagting het hulle die
Heiland aangestaar. Weer het duisternis op die aarde toegesak, en
’
n gedreun, soos van donderweer, is gehoor. Daar was ’n geweldige
aardbewing. Die mense is in klompies saamgeskud. Die grootste
vrees en verwarring het geheers. In die omliggende berge is die rotse
[777]
losgeskeur en het met geweld na die vlaktes neergestort. Grafte is
oopgeskeur, en die dode is uitgewerp. Dit het geskyn asof die skep-
ping stukkend geskud word. Priesters, owerstes, soldate, laksmanne,
en die mense was stom van vrees, en hulle het plat op die grond gelê.
Toe die luide geroep, “Dit is volbring!” van die lippe van Christus
gekom het, was die priesters besig met hulle werk in die tempel.
Dit was die uur van die aandoffer. Die lam wat Christus voorgestel
het, is gebring om geslag te word. Gekleed in sy simboliese, en
pragtige kleed, het die priester gestaan met die mes in sy opgehefte
hand, net soos Abraham toe hy sy seun wou offer. Met die grootste
belangstelling het die mense gestaan en kyk. Toe het die aarde
geskud en ge- bewe; want die Here self het naby gekom. Met ’n
skeurgeluid is die binneste voorhangsel van die tempel van bo tot