Golgota
695
Hom geglo het, het Sy wan- hoopsgeroep gehoor. Die hoop het hulle
verlaat. As God Jesus dan verlaat het, waarop kon Sy volgelinge
vertrou?
Toe die duisternis verdwyn het van die verdrukte gees van Chris-
tus, het Hy Sy liggaamlike lyding gewaar geword, en gesê, “Ek het
dors!” Een van die Romeinse soldate het baie jammer vir Hom gekry
toe hy Sy droë lippe sien, en hy het ’n spons vol asyn gemaak en
op ’n hisopstingel gesit en aan Sy mond gebring. Maar die priesters
het gespot met Sy lyde. Toe die duisternis oor die aarde gekom het,
het hulle baie bang geword; namate hulle vrees verdwyn het, was
hulle weer baie bang dat Jesus hulle nog sou ontsnap. Sy woorde,
“
Eli, Eli, lama sabagtani?” het hulle verkeerd vertolk. Met bittere
veragting en hoon het hulle gesê, “Hy roep Elia.” Die laaste kans
om Sy lyde te versag, het hulle geweier. “Wag, laat ons sien,” het
hulle gesê, “of Elia kom om Hom af te haal.”
Die vlekkelose Seun van God het aan die kruis gehang, Sy vlees
stukkend geslaan; daardie hande wat so dikwels in seën uitgestrek
was, is aan die kruishout vasgenael; daardie voete wat so onvermoeid
geloop het om liefdesdiens te verrig, is vasgespyker aan die hout;
daardie koninklike hoof is verwond deur die doringkroon; daardie
bewende lippe het nou in angs uitgeroep. En alles wat Hy verduur
het — die bloed wat getap het van Sy hoof, van Sy hande en voete,
die foltering van Sy liggaam, en die onbeskryflike angs wat Sy
siel vervul het toe die Vader Sy aangesig verberg het — spreek tot
elke mensekind, en sê: Dit was vir jou dat die Seun van God die
[776]
sondeskuld gedra het; vir jou het Hy die heerskappy van die dood
verbreek, en die poorte van die Paradys oopgemaak. Hy wat die
woeste bare stilgemaak en op die onstuimige meer geloop het, wat
duiwels laat sidder en siekte laat vlug het, wat die oë van die blindes
geopen en die dode opgewek het — Hy gee Homself aan die kruis
as slagoffer, en dit doen Hy uit liefde vir jou. Hy, die draer van
die sonde, verduur die toorn van goddelike geregtigheid, en om jou
ontwil, word Hy die sonde self.
In stilte het die toeskouers die einde van die vreeslike toneel afge-
wag. Die son het weer geskyn, maar die kruis was nog in duisternis
gehul. Priesters en owerstes het in die rigting van Jerusalem gekyk,
en hulle het gesien dat ’n digte wolk oor die stad en oor die vlaktes
van Judea hang. Die Son van Geregtigheid, die Lig van die wêreld,