Page 698 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

694
DIE KONING VAN DIE EEUE
kruis. Die Vader was by Sy Seun. Maar Sy teenwoordigheid is nie
geopen- baar nie. As Sy heerlikheid uit daardie wolk geskyn het, sou
elke menslike toeskouer verslind gewees het. En in daardie vreeslike
uur sou Christus nie vertroos word met die Vader se teenwoordig-
heid nie. Hy het die parskuip alleen getrap, en van die volk was daar
niemand om Hom te help nie.
In daardie stikdonkere duisternis het God die laaste lyde van Sy
Seun bedek. Almal wat Christus in Sy lyde gesien het, was oortuig
van Sy Godheid. Daardie gesig, eenmaal deur ’n mens gesien, sou
nooit weer vergeet word nie. Net soos die gesig van Kain getoon het
dat hy ’n moordenaar was, so het die gesig van Christus Sy onskuld,
vreedsaamheid, en goedheid geopenbaar — die beeld van God. Maar
Sy beskuldigers wou nie let op die seël van die hemel nie. Deur die
lang lydensure is Christus aanskou deur die spottende skare. Nou is
Hy genadiglik verberg deur die mantel van God.
Dit het geskyn of die stilte van die graf neergesak het op Golgota.
Die skare wat rondom die kruis vergader het, was met ’n naamlose
vrees bevange. Die gespot en gevloek het opgehou in die middel
van halfuitgesproke sinne. Manne, vroue en kinders het plat op die
grond neergeval. Helder blitse het by tye uit die wolk geskiet, en die
kruis en die gekruisigde Heiland sigbaar gemaak. Priesters, owerstes,
skrifgeleerdes, laksmanne, en die gepeupel — almal het gedink dat
hulle uur van vergelding aangebreek het. Ná ’n tydjie het sommige
gefluister dat Jesus nou van die kruis sal afkom. Sommige het gepro
[775]
beer om voel-voel hulle pad terug te vind na die stad; hulle het op
hulle bors geslaan en gekreun van vrees.
Teen drie-uur het die duisternis begin afneem, maar dit het nog
die Heiland omring. Dit was n simbool van die angs en verskrikking
wat so swaar op Sy hart gedruk het. Geen oog kon die duisternis
deurdring wat die kruis omhul het, en niemand kon deur die groter
duisternis sien wat die lydende siel van Christus omring het nie.
Dit het geskyn asof die vreeslike blitse teen Hom gemik is waar
Hy daar aan die kruis gehang het. Toe het “Jesus met ’n groot stem
geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtani?” Dit beteken, “My God, My
God, waarom het U My verlaat?” Toe die buitenste duisternis om
die Heiland begin toesak, het baie stemme uitgeroep, Die toorn van
die hemel het Hom getref. Die blitse van Gods toorn is teen Hom
gestuur, omdat Hy gesê het dat Hy die Seun van God is. Baie wat in