Page 697 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Golgota
693
van die wet. Die skuld van elke Adamskind het op Sy hart gedruk.
Die toorn van God teen die sonde, die vreeslike openbaring van Sy
ontevredenheid oor die ongeregtigheid, het die siel van Sy Seun met
ontsteltenis vervul. Sy hele lewe lank het Christus aan ’n gevalle
wêreld die blye nuus van die Vader se genade en vergewende liefde
verkondig. Die saligheid vir die grootste sondaar was Sy tema. Maar
nou, met die verskriklike gewig van die skuld wat Hy dra, kan Hy
nie die Vader se versoenende gelaat sien nie. Die onttrekking van die
goddelike aanskyn van die Heiland in hierdie uur van die grootste
angs het Sy hart deurboor met ’n droefheid wat nooit deur die mens
ten volle sal verstaan word nie. So groot was hierdie angs dat Sy
lig- gaamlike lyding byna nie gevoel is nie.
Die Satan met sy feile versoekings het die hart van Jesus gepers.
Die Heiland kon nie deur die poorte van die graf sien nie. Hoop het
Hom nie voorgestel as oorwinnaar uit die graf nie, of Hom verwittig
van die Vader se aanname van Sy offer nie. Hy het gevrees dat die
sonde so afskuwelik vir God was dat hulle skeiding van mekaar
ewig- durend sou wees. Christus het die angs gevoel wat die sondaar
sal voel wanneer genade nie langer sal pleit vir die sondige geslag
nie. Dit was die besef van die sonde, die koms van die Vader se
toorn op Hom as die mens se plaasvervanger, wat die beker wat Hy
gedrink, so bitter gemaak het, en wat die hart van die Seun van God
gebreek het.
Met verbasing het die engele die Heiland se wanhoopsangs aan-
skou. Die leërskare van die hemel het hulle aangesigte verberg vir
[774]
die vreeslike skouspel. Die lewenlose natuur het medelyde betoon
met sy beledigde, sterwende Skepper. Die son het geweier om die
vreeslike toneel te aanskou. Sy vol, helder strale het die aarde op die
middag verlig, toe dit skielik gelyk het of dit uitgedoof is. Volkome
duisternis, soos ’n doodskleed, het die kruis omhul. “Daar het duis-
ternis oor die hele aarde gekom tot drie-uur toe.” Daar was nie ’n
sonsverduistering of ’n natuurlike oorsaak vir hierdie duisternis nie;
dit was soos die middernagtelike duisternis, sonder maan of sterre.
Dit was wonderbaarlike getuienis deur God gegee sodat die geloof
van geslagte daarna bevestig mag word.
In daardie stikdonkere duisternis was Gods teenwoordigheid ver-
berg. Hy maak die duisternis Sy skuilplek, en bedek Sy heerlikheid
vir die oë van mense. God en Sy heilige engele was daar by die