Page 696 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

692
DIE KONING VAN DIE EEUE
toe na Johannes, en Hy het aan haar gesê, “Vrou, daar is u seun!”
en aan Johannes, “Daar is jou moeder!” Johannes het Christus se
woorde verstaan, en die verantwoordelikheid aanvaar. Hy het Maria
dadelik na sy huis geneem, en van daardie uur af het hy teer vir haar
gesorg. O, jammer- hartige, liefdevolle Heiland, in al Sy liggaamlike
en verstandelike foltering, het Hy met besorgdheid gedink aan Sy
moeder! Hy het geen geld gehad om in haar behoeftes te voorsien
nie, maar Johannes het Hom liefgehad, en Hy het Sy moeder aan sy
sorg toevertrou. So het Hy aan haar gegee wat sy die meeste nodig
gehad het — die tere sorg van iemand wat haar liefhet omdat sy
Jesus liefhet. En deur haar onder sy sorg te neem, het Johannes ’n
groot seën ontvang. Sy het hom gedurig herinner aan sy geliefde
Meester.
Die volmaakte voorbeeld van Christus se liefde as seun, skyn
met onafgebroke helderheid uit die newels van die eeue. Vir byna
dertig jaar het Jesus deur Sy daelikse arbeid gehelp om die laste van
die huis te dra. En nou, selfs in Sy laaste lyde, het Hy onthou om
voorsorg te maak vir Sy hartseer weduwee-moeder. Elke dissipel
van die Here sal dieselfde gees openbaar. Diegene wat Christus volg,
sal voel dat dit deel van hulle godsdiens is om hulle ouers te eer
en vir hulle te sorg. Uit die hart waar Sy liefde gekoester word, sal
vader en moeder altyd troue sorg ontvang.
En nou was die Here van die heerlikheid sterwende, ’n losprys
vir die volk. Toe Hy Sy kosbare lewe opgeoffer het, is Christus nie
versterk deur oorwinningsvreugde nie. Alles was terneerdrukkende
duis- ternis. Dit was nie die vrees vir die dood wat so swaar op
[773]
Hom ge- druk het nie. Dit was nie die pyn en skande van die kruis
wat sulke onbeskryflike foltering veroorsaak het nie. Christus was
die Vors van lyers, maar Sy lyde is veroorsaak deur die besef van
die sondigheid van die sonde, die wete dat die mens, deur sy ge-
woondheid aan die sonde, verblind is vir die sondigheid daarvan.
Christus het gesien hoe vas die sonde die menslike hart gegryp het,
en hoe min daar was wat gewillig sou wees om los te breek uit die
mag daarvan. Hy het geweet dat die mensdom sonder die hulp van
God, sou vergaan, en Hy het menigtes sien vergaan binne bereik van
oorvloedige hulp.
Op Christus, ons plaasvervanger en borg, is al ons sondes geplaas.
Hy is as oortreder getel, sodat Hy ons kon verlos van die veroordeling