Golgota
691
en rusie maak daaroor; maar hulle kan Hom nie beroof van Sy mag
om sondes te ver- gewe nie. Sterwende het Hy getuienis gegee van
Sy eie Godheid tot verheerliking van die Vader. Sy oor is nie swaar
sodat dit nie kan hoor nie, en Sy arm verkort sodat dit nie kan red
nie. Dit is Sy koninklike reg om volkome te red, almal wat deur Hom
na God kom.
Ek sê vir jou vandag, jy sal met My in die Paradys wees. Christus
het nie die dief belowe dat hy daardie dag met Hom in die Paradys
sou wees nie. Hy het in die graf geslaap, en op die opstandingsmore
het Hy gesê, “Ek het nog nie opgevaar na My Vader nie.” Joh. 20: 17.
Maar op die dag van die kruisiging, die dag van skynbare neerlaag en
duisternis, is die belofte gegee. “Vandag” terwyl Hy sterwende was
aan die kruis as ’n misdadiger, verseker Christus die arme sondaar,
sal jy met My in die Paradys wees.
Die diewe wat saam met Jesus gekruisig is, is geplaas “een aan
elke kant, en Jesus in die middel.” Dit is gedoen op aandrang van
die priesters en owerstes. Christus se posisie daar tussen die twee
diewe moes aantoon dat Hy die grootste misdadiger van die drie
was. So is die Skrif vervul dat Hy “saam met die oortreders getel
was.” Jes. 53: 12. Maar die priesters het nie die volle betekenis van
hulle daad gesien nie. Soos Jesus, gekruisig saam met die diewe, in
die middel geplaas is, so is Sy kruis geplant in die middel van ’n
wêreld in sonde. En die woorde van vergifnis aan die boetvaardige
dief, het ’n lig aan- gesteek wat sou skyn tot die uithoeke van die
aarde.
[772]
Met verbasing het die engele die ewige liefde van Jesus aanskou,
wat, in die grootste foltering van gemoed en liggaam verkeer het, net
aan ander gedink het, en ’n boetvaardige siel aangemoedig het om te
glo. In Sy vernedering het Hy as profeet die dogters van Jerusalem
toegespreek; as priester en voorspraak het Hy by die Vader gepleit
om Sy moordenaars te vergewe; as liefdevolle Heiland het Hy die
sondes vergewe van die boetvaardige dief.
Terwyl Jesus die skare rondom Hom aanskou het, het een figuur
Sy aandag getrek. Aan die v.oet van die kruis het Sy moeder ge-
staan, ondersteun deur die dissipel Johannes. Sy kon nie van haar
Seun af wegbly nie, en Johannes, wetende dat die einde naby was,
het haar weer na die kruis gebring. In Sy sterwensuur het Christus
aan Sy moeder gedink. Hy het na haar droewige gelaat gekyk, en