690
DIE KONING VAN DIE EEUE
dit lees, sommige met bewende lippe, en ander spottend. Die Heilige
Gees verlig sy verstand, en trapsgewys word die skakel van getuienis
gesmee. In Jesus, verwond, bespot, en hangende aan die kruis, sien
hy die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem. Daar
is hoop en angs in sy stem waar ’n hulpelose, sterwende siel hom op
die genade van ’n sterwende Heiland beroep. “Dink aan my, Here,”
roep hy, “wanneer U in U koninkryk kom.”
Dadelik het die antwoord gekom. Die woorde was sag, wel-
lui-dend, vol liefde, ontferming, en krag: “Voorwaar Ek sê vir jou,
vandag sal jy met My in die Paradys wees.”
In die ure van foltering het Jesus net skel- en spotwoorde ge-
hoor. Waar Hy daar aan die kruis gehang het, het Hy steeds vloeke
en gespot gehoor. Met ’n verlangende hart het Hy geluister vir die
betuiging van geloof deur Sy dissipels. Al wat Hy gehoor het, was,
“
Ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos.” Hoe aange-
naam was dit vir die Heiland om die woorde van geloof en liefde
te hoor van die sterwende dief! Terwyl die vooraanstaande Jode
Hom verloën, en selfs Sy dissipels aan Sy Godheid twyfel, noem die
arme dief op die randjie van die dood, Jesus Here. Baie was gewillig
om Hom Here te noem toe Hy wonderwerke gedoen het, en ná Hy
uit die graf opgestaan het; maar niemand het Hom erken waar Hy
daar aan die kruis gehang het nie, behalwe die sterwende dief wat
terelfderure gered is.
[771]
Diegene wat daar gestaan het, het gehoor hoe die dief Jesus
Here noem. Die stem van die berouvolle man het hulle aandag
getrek. Diegene wat daar aan die voet van die kruis rusie gemaak
het oor Christus se klere, en die lot gewerp het oor Sy onderkleed,
het stilgebly en geluister. Hulle harde stemme het stil geword. In
spanning het hulle na Christus gekyk, en gewag op die antwoord van
Sy sterwende lippe.
Toe Hy hierdie belofte gegee het, is die donker wolk wat, soos dit
gelyk het, die kruis oorskadu het, deurdring met ’n helder, lewende
lig. Die boetvaardige dief het die volle vrede ondervind wat kom
ten gevolge van aanname deur God. In Sy vernedering is Christus
ver- heerlik. Hy wat vir almal gelyk het soos ’n oorwonnene, was
Oor- winnaar. Hy is erken as die draer van die sonde. Mense kon
mag hê oor Sy vleeslike liggaam; hulle kon daardie heilige slape
verwond met n doringkroon; hulle kon Sy klere van Hom afskeur