Page 693 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Golgota
689
dief. Albei die manne wat saam met Jesus gekruisig is, het Hom in
die begin ook verwyt; en een van hulle het deur sy eie lyding net
meer desperaat en uitdagend geword. Maar dit was nie die geval met
sy maat nie. Hierdie man was nie ’n geharde misdadiger nie; hy is
in die verkeerde weg gelei deur bose maats, maar hy was minder
skuldig as baie van diegene wat daar by die kruis gestaan en teen
Jesus uitgevaar het. Hy het Jesus gesien en gehoor, en is oortuig
deur Sy leer, maar hy is deur die priesters en owerstes beïnvloed
om Hom nie aan te neem nie. Om die stem van sy gewete te smoor,
het hy al dieper en dieper in die sonde verval, totdat Hy eindelik
as misdadiger ge- arresteer, verhoor en veroordeel is om aan die
kruis te sterf. In die geregsaal, en op weg na Golgota, was hy saam
met Jesus. Hy het Pilatus hoor verklaar dat hy “in Hom geen skuld
vind nie.” Joh. 19: 4. Hy het Sy goddelike gedrag gesien, en die
ontferming waarmee Hy diegene vergeef het wat Hom gemartel het.
Nou, daar aan die kruis, sien hy hoedat baie van die groot geestelike
leiers hulle tonge in veragting uitsteek en met die Here Jesus spot.
Hy sien hoedat die mense hulle hoofde skud. Hy hoor hoedat sy
maat ook die verwyte opneem: “As U die Christus is, verlos Uself
en ons.” Onder diegene wat daar verbyloop, hoor hy baie Christus
verdedig. Hy hoor hulle Sy woorde herhaal, en van Sy werke vertel.
Die oortuiging kom weer tot hom dat dit die Christus is. Hy het hom
na sy medegekruisigde ge- draai en gesê, “Vrees jy nie ook God
[770]
nie, terwyl jy in dieselfde oordeel is?” Die sterwende diewe het niks
meer te vrees van mense nie. Maar by een ontstaan die oortuiging
dat daar ’n God te vrees is, en n toe- koms wat hom laat sidder. En
nou, vol sonde soos dit is, sal sy lewens- geskiedenis haas afgesluit
word. “Ons tog regverdiglik,” sê hy droe- wig, “want ons kry die
verdiende loon vir ons dade, maar Hy het niks verkeerds gedoen
nie.”
By hom is daar nou geen vraag meer nie. Daar is geen twyfel,
en geen verwyte nie. Toe hy veroordeel is vir sy misdaad, het die
dief hopeloos en wanhopig geword; maar nou het daar vreemde, teer
gedagtes in hom opgekom. Hy dink terug aan alles wat hy van Jesus
gehoor het, hoe Hy siekes genees, en sondes vergewe het. Hy het die
woorde gehoor van diegene wat in Jesus geglo, en Hom wenende
gevolg het. Hy het die opskrif gesien en gelees wat bokant die
Heiland se hoof geplaas is. Hy het gehoor hoedat die verbygangers