688
DIE KONING VAN DIE EEUE
“
As U die Seun van God is,” het hulle gesê, “kom af van die kruis
af.” “Laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die Uitverkorene
van God is.” In die woestyn van versoeking het die Satan gesê, “As
U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.” “As U
die Seun van God is, werp Uself af” van die dak van die tempel.
Matt. 4: 3, 6. En die Satan met sy engele, in menslike gedaantes,
was teen- woordig by die kruis. Die aartsrebel en sy leërskare het
saamgewerk met die priesters en owerstes. Die leraars van die volk
het die onkundige gepeupel aangehits om Iemand te veroordeel wat
baie van hulle nie eens tevore gesien het voordat hulle gevra is om
teen Hom te getuig nie. Priesters, owerstes, Fariseërs en die verharde
gepeupel het saamgestaan in hulle sataniese ywer. Geestelike leiers
het saamgestaan met die Satan en sy engele. Hulle het sy bevele
uitgevoer.
Jesus, lydende en sterwende, het elke woord gehoor toe die pries-
ters gesê het, “Ander het Hy gercd, Homself kan Hy nie red nie. As
Hy die Koning van Israel is, laat Hom nou van die kruis afkom, en
ons sal in Hom glo. Christus kon van die kruis afgekom het. Maar
dit is omdat Hy Homself nie wou red nie dat die sondaar hoop op
ver- gifnis het en op die guns van God.”
In hulle bespotting van die Heiland het die mense wat voorge-
gee het dat hulle die verklaarders van profesieë is, juis die einste
woorde herhaal wat die profesieë voorspel het wat hulle sou sê by
hierdie ge- leentheid. Maar in hulle blindheid het hulle nie gesien dat
[769]
hulle die profesieë vervul het nie. Diegene wat spottend die woorde
geuiter het, “Hy het op God vertrou; laat Hy Hom nou red as Hy
behae in Hom het; want Hy het gesê: Ek is die Seun van God,” het
nooit gedink dat hulle woorde deur die eeue sou weerklink nie. Maar
alhoewel hulle dit spottend gesê het, het daardie woorde mense be-
weeg om die Skrifte te ondersoek soos nooit tevore nie. Wyse manne
het gehoor, ondersoek, oorpeins en gebid. Daar was diegene wat nie
gerus het voordat hulle deur skriftuur met skriftuur te vergelyk, die
betekenis van Christus se sending verstaan het nie. Nog nooit tevore
was daar so ’n algemene kennis van Jesus as toe Hy aan die kruis
gehang het nie. In die harte van baie wat die kruisiging gesien en
Christus se woorde gehoor het, het die lig van die waarheid geskyn.
Tot Jesus in Sy lyde daar aan die kruis, het daar een straaltjie
van vertroosting gekom. Dit was die gebed van die boetvaardige