Golgota
687
waar Christus gekruisig is, was naby die stad. Duisende mense uit
alle lande was in Jerusalem, en die opskrif wat verklaar het dat Jesus
van Nasaret die Messias was, sou onder hulle aandag kom. Dit was
’
n lewende waarheid, geskryf met ’n hand deur God gerig.
In die lyde van Christus aan die kruis, is profesieë vervul. Eeue
vóór die kruisiging het die Heiland die behandeling voorspel wat
Hy sou ontvang. Hy het gesê, “Honde het My omsingel; ’n bende
kwaaddoeners het My omring; hulle het My hande en My voete
deurgrawe.
Al My bene kan Ek tel; hulle kyk, hulle sien met welgevalle op
My neer! Hulle verdeel My klere onder mekaar en werp die lot oor
My gewaad.” Ps. 22: 17-19. Die profesie aangaande Sy gewaad is
vervul sonder raadgewing of inmenging deur die vriende, of vyande,
van die Gekruisigde. Sy kleding is gegee aan die soldate wat Hom
aan die kruis genael het. Christus het gehoor hoe die manne stry toe
hulle Sy klere onder mekaar uitgedeel het. Sy onderkleed is aaneen
geweef, sonder naat, en hulle het gesê, “Laat ons dit nie skeur nie,
maar laat ons daaroor die lot werp, wie syne dit sal wees.”
In n ander profesie het die Heiland verklaar, “Die smaad breek
My hart en Ek moet bewe; ja Ek het gewag op medelyde, maar
verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie. En hulle
het aan My gal gegee as My spyse, en vir My dors het hulle My
asyn laat drink.” Ps. 69: 21, 22. Dit was geoorloof om aan diegene
[768]
wat aan die kruis moes sterf, ’n verdowingsmiddel te gee om die
pyn te versag. Dit is Jesus aangebied, maar toe Hy dit proe, het Hy
dit geweier. Hy wou niks drink wat Sy sinne kon benewel nie. Sy
geloof moes vas- kleef aan God. Dit was Sy enigste sterkte. As Hy
Sy sinne laat benewel het, sou Hy die Satan ’n kans gegee het.
Die vyande van Jesus het uiting gegee aan hulle woede waar Hy
daar aan die kruis gehang het. Priesters, owerstes, en skrifgeleerdes
het saam met die gepeupel die spot gedryf met die sterwende Heiland.
By Sy doop, en tydens die verheerliking op die berg, is die stem
van God gehoor wat Christus Sy Seun verklaar het. En weer, net
vóór Christus verraai is, het die Vader gespreek en getuig van Sy
Godheid. Maar nou is daar geen stem uit die hemel gehoor nie. Daar
was geen getuienis ten gunste van Christus nie. Alleen moes Hy die
mishandeling en die gespot van bose mense verduur.