Page 690 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

686
DIE KONING VAN DIE EEUE
dit alles is Gods planne volvoer. Jesus het daar die reg verdien om
by Sy Vader die Voorspraak van die mensdom te word.
Die gebed van Christus vir Sy vyande het die hele wêreld inge-
sluit. Dit het elke sondaar ingesluit wat gelewe het of nog sal lewe,
van die begin van die wêreld af tot by die einde van tyd. Almal is
skuldig aan die kruisiging van die Seun van God. Aan almal word
vergifnis vry aangebied. “Almal wat wil” mag vrede by God hê en
die ewige lewe beërf.
Sodra hulle Jesus klaar aan die kruis genael het, het sterk manne
dit opgelig en met geweld laat afsak in die gat wat daarvoor gegrawe
is. Dit het die Seun van God ondraaglike pyn veroorsaak. Pilatus het
toe ’n opskrif geskryf in Hebreeus, Grieks, en Latyn, en dit aan die
kruis vasgeheg, bokant die hoof van Jesus. Dit het gelui: “Jesus, die
Nasarener, die Koning van die Jode.” Hierdie opskrif het die Jode
kwaad gemaak. In die hof van Pilatus het hulle geskreeu, “Kruisig
Hom!” “Ons het geen koning behalwe die keiser nie.” Joh. 19: 15.
Hulle het verklaar dat almal wat enige ander koning erken het, ’n
verraaier was. Pilatus het die gesindheid wat hulle uitgedruk het,
in skrif opgestel. Geen misdaad is genoem behalwe dat Jesus die
Koning van die Jode was nie. Die opskrif was feitlik ’n betuiging
van die Joodse trou aan die Romeinse owerheid. Dit het daarop
neergekom dat enig- een wat sê dat hy koning van Israel is, deur
[767]
hulle veroordeel is as iemand wat die dood verdien. Wat die priesters
betref, hulle het te ver gegaan. Toe hulle die dood van Jesus beplan
het, het Kajafas gesê dat dit beter sou wees as een man sterf om die
volk te red. Nou is hulle huigelagtigheid aan die kaak gestel. Om
Christus te vernietig, was hulle bereid om hulle bestaan as volk prys
te gee.
Die priesters het besef wat hulle gedoen het, en hulle het Pilatus
gevra om die opskrif te verander. Hulle het gesê, “Moenie skrywe:
Die Koning van die Jode nie; maar dat Hy gesê het: Ek is die Koning
van die Jode.” Maar Pilatus was kwaad vir homself oor sy vorige
swak optrede, en nou het hy die nydige en slinkse priesters en ower-
stes heeltemal verag. Kil het hy geantwoord, “Wat ek geskrywe het,
het ek geskrywe.”
n Hoër gesag as die van Pilatus of die Jode het daardie opskrif
bo- kant die hoof van Jesus laat plaas. In die voorsienigheid van God
sou dit mense laat dink en hulle die Skrifte laat ondersoek. Die plek