Golgota
685
hoedat Hy flou val onder die gewig van die kruis, en sy wou so
graag Sy verwonde hoof met haar hand ondersteun, en die gesig wat
eenmaal teen haar boesem gerus het, baai. Maar hierdie voorreg is
haar geweier. Saam met die dissipels het sy nog die hoop gekoester
dat Jesus Sy mag sou openbaar en Homself sou bevry van Sy vyande.
Dan het haar hoop weer heel- temal verdwyn namate sy haar herinner
het hoe Hy die tonele wat nou plaasvind, voorspel het. Terwyl hulle
die diewe aan die kruise vasgebind het, het sy dit in folterende
spanning gadegeslaan. Sou Hy wat die dode lewendig gemaak het,
toelaat dat hulle Hom kruisig? Sou die Seun van God toelaat dat
hulle Hom so wreed om die lewe bring? Moet sy haar geloof versaak
dat Jesus die Messias is? Moet sy getuie wees van Sy skande en lyde
sonder eens die voorreg te hê om Hom by te staan in Sy eilende?
Sy het gesien hoedat hulle Sy arms uitstrek aan die kruis; die hamer
en spykers is gebring, en toe hulle die spykers deur Sy vlees slaan,
het die hartseer dissipels die moeder van Jesus, wat beswyk het,
weggedra van daardie wrede toneel.
Die Heiland het nie gemurmureer of gekla nie. Sy gelaat was
kalm en vredevol, maar daar het groot druppels sweet op Sy voorhoof
gestaan. Daar was geen ontfermende hand om die doodsweet van
Sy gesig af te vee, of woorde van medelyde en trou te spreek om Sy
[766]
menslike hart te versterk nie. Terwyl die soldate besig was met hulle
vreeslike werk, het Jesus vir Sy vyande gebid, “Vader, vergeef hulle,
want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Sy gedagtes is afgetrek van
Sy eie lyde, en Hy het gedink aan Sy vervolgers, en die vreeslike
vergelding wat hulle gewag het. Hy het nie die soldate wat Hom so
mishandel het, vervloek nie. Ook het Hy nie om wraak geroep op
die priesters en owerstes wat so tevrede was omdat hulle hulle doel
bereik het nie. Christus was vir hulle jammer in hulle onkunde en
skuldigheid.
As hulle geweet het dat hulle iemand daar gemartel het wat die
sondige mensdom kom verlos het van ewige ondergang, sou hulle
met vrees en afsku vervul gewees het. Maar hulle onkunde het nie
hulle skuld weggeneem nie, want hulle het die geleentheid en voorreg
gehad om Jesus te ken en aan te neem as hulle Verlosser. Sommige
van hulle sou nog hulle sonde besef, berou hê, en tot bekering kom.
Ander sou, deur hulle onboetvaardigheid, dit onmoontlik maak dat
die gebed van Christus vir hulle verhoor word. Maar nieteenstaande