Page 688 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

684
DIE KONING VAN DIE EEUE
verbygaan nie. Hy het die vroue met ontferming aanskou. Hulle was
nie gelowiges in Hom nie; Hy het geweet dat hulle nie oor Hom
geween het as die Een van God gestuur nie, maar dat dit uit blote
jammerte was. Hy het nie hulle medelyde verag nie, maar dit het
in Sy hart ’n groter medelyde teenoor hulle laat ontstaan. “Dogters
van Jerusalem,” het Hy gesê, “moenie oor My ween nie, maar ween
oor julleself en oor julle kinders.” Van die toneel voor Hom, het
Christus vooruitgesien na die tyd van Jerusalem se verwoesting. In
daardie vreeslike ramp sou baie van diegene wat nou oor Hom ween,
vergaan saam met hulle kinders.
Van die verwoesting van Jerusalem het die gedagtes van Jesus
gegaan na die groot oordeelsdag. In die verwoesting van Jerusalem
het Hy die finale verwoesting van die wêreld gesien. Hy het gesê:
Dan sal hulle begin om vir die berge te sê: Val op ons! en vir die
heuwels: Bedek ons! Want as hulle dit doen aan die groen hout, wat
sal met die droë gebeur!” Met die groen boom het Jesus Homself
bedoel, die onskuldige Verlosser. God het Sy toorn teen die sonde
laat kom op Sy geliefde Seun. Jesus sou gekruisig word vir die
mensdom. Watter straf sal die sondaar dan moet verduur wat in sy
sonde voortlewe? Al die onboetvaardiges en ongelowiges sal ’n
droefheid en ellende ken wat geen pen kan beskryf nie.
[765]
Onder diegene wat.die Heiland na Golgota gevolg het, was daar
baie wat Hosanna geskreeu en palmtakke geswaai het tydens Sy sege-
tog in Jerusalem. Maar baie wat Hom destyds toegejuig het omdat dit
populêr was, het nou saamgeskreeu, “Kruisig Hom! Kruisig Hom!”
Toe Christus Jerusalem binnegery het, het die hoop van die dissipels
baie hoog gestyg. Hulle het baie na aan hulle Meester gebly, en
gevoel dat dit ’n groot eer was om aan Hom verbonde te wees.
Maar nou, in Sy vernedering, het hulle Hom op ’n afstand gevolg.
Hulle was in groot droefheid en bitter teleurgestel. Hoe treffend is
die woorde van Jesus bewaarheid: “Julie sal almal in hierdie nag
aanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder
slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word.” Matt. 26:
31.
Toe hulle by die plek van teregstelling kom, is die gevangenes
vasgebind aan die kruise. Die twee diewe het hulleself teëgesit
teen diegene wat hulle op die kruise moes plaas; maar Jesus het
Hom nie teëgesit nie. Die moeder van Jesus, ondersteun deur die
apostel Johannes, het haar seun gevolg na Golgota. Sy het gesien